Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • mwb19 Desember bl. 8
  • Die aarde het “die rivier verswelg”

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die aarde het “die rivier verswelg”
  • Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
  • Soortgelyke materiaal
  • Jehovah se Getuies in die tronk weens hulle geloof – Volgens land
    In die tronk weens hulle geloof
  • Glanspunte van die afgelope jaar
    2010 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Verslag oor regsaangeleenthede
    2014 Jaarboek van Jehovah se Getuies
  • Koninkrykspredikers stel hulle saak in die hof
    God se Koninkryk regeer!
Sien nog
Ons Christelike lewe en bediening – Vergaderingwerkboek – 2019
mwb19 Desember bl. 8
’n Paar regsdokumente van die Verenigde Nasies oor die aanhouding van Jehovah se Getuies in Korea lê bo-op die foto van Koreaanse broers in hulle tronkklere

DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE

Die aarde het “die rivier verswelg”

Regdeur die geskiedenis was daar tye toe sekulêre owerhede Jehovah se volk gehelp het (Esr 6:1-12; Est 8:10-13). Selfs in moderne tye het ons al gesien hoe “die aarde” – die meer redelike elemente van hierdie stelsel – “die rivier” van vervolging verswelg wat deur “die draak”, Satan die Duiwel, veroorsaak word (Op 12:16). Jehovah, die “God van reddingsdade”, kan soms menseheersers gebruik om aan sy volk verligting te gee. – Ps 68:20; Spr 21:1.

Maar sê nou jy word in die tronk gegooi vir jou geloof? Moet nooit twyfel dat Jehovah presies weet wat met jou aangaan nie (Ge 39:21-23; Ps 105:17-20). Wees verseker dat jou geloof beloon sal word en dat jou getrouheid en lojaliteit jou broers regoor die wêreld versterk. – Flp 1:12-14; Op 2:10.

KYK NA DIE VIDEO BROERS IN KOREA UIT TRONK VRYGELAAT, EN BEANTWOORD DAN DIE VOLGENDE VRAE:

  • Hoekom is duisende van ons broers in Suid-Korea oor die jare in die tronk gegooi?

  • Watter hofuitsprake het daartoe gelei dat party van ons broers vroeg vrygelaat is?

  • Hoe kan ons ons broers regoor die wêreld help wat op die oomblik vir hulle geloof in die tronk sit?

  • Hoe moet ons enige vryheid wat ons nou het, gebruik?

  • Aan wie het ons enige oorwinnings wat ons in die hof het eintlik te danke?

’n Koreaanse tronk waar Jehovah se Getuies aangehou is; briewe wat Jehovah se Getuies na die takkantoor in Korea gestuur het en wat toe vir die broers in die tronk gestuur is; ’n pa en sy seun omhels mekaar nadat die seun uit die tronk vrygelaat is

Hoe gebruik ek my persoonlike vryheid?

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel