Faiza Seid is al vanaf Junie 2009 in die tronk in Eritrea
Jehovah se Getuies in die tronk weens hulle geloof – Volgens land
Vanaf Maart 2026 is meer as 275 Getuies van Jehovah regoor die wêreld in die tronk weens hulle geloof.
Artikel 18 van die Internasionale Verdrag oor Burgerlike en Politieke Regte waarborg die reg op vryheid van denke, gewete en godsdiens. Maar in party lande word Jehovah se Getuies hierdie reg geweier. In daardie plekke kan hulle onregverdig in die tronk gesit en wreed mishandel word omdat hulle hulle geloof beoefen of omdat hulle gewetensbeswaar teen militêre diens het.
“Dink aan dié wat in die tronk is asof julle saam met hulle daar is.” – Hebreërs 13:3.