DIE CHRISTELIKE LEWENSWYSE
Hoe sterk is jou geloof in Jehovah se beloftes?
Josua en Salomo het albei gesê dat nie een woord van al Jehovah se beloftes onvervuld gebly het nie (Jos 23:14; 1Kn 8:56). Die getuienis van hierdie twee betroubare manne maak die vaste fondament waarop ons ons geloof bou, net nog sterker.—2Ko 13:1; Tit 1:2.
Hoe het Jehovah sy beloftes in Josua se dag vervul? Kyk saam met jou gesin na die videodrama ‘Nie een woord het onvervuld gebly nie’. Bespreek dan die volgende vrae: (1) Hoe kan julle Ragab se dade van geloof navolg? (Heb 11:31; Jak 2:24-26). (2) Hoe wys Agan se voorbeeld dat dit tot rampspoed lei as ons aspris doen wat verkeerd is? (3) Al was die manne van Gibeon soldate, hoekom het hulle Josua mislei en vrede met Israel gemaak? (4) Hoe het Jehovah se woord waar geword toe vyf Amoritiese konings Israel gedreig het? (Jos 10:5-14). (5) Hoe het Jehovah julle gehelp omdat julle God se Koninkryk en sy regverdigheid eerste in julle lewe stel?—Mt 6:33.
Terwyl ons oor al die dinge peins wat Jehovah in die verlede gedoen het, nou doen en in die toekoms gaan doen, sal ons geloof in sy beloftes net al hoe sterker word.—Ro 8:31, 32.
Het jy geloof soos Josua s’n?