SKATTE UIT GOD SE WOORD | JEREMIA 51-52
Alles wat Jehovah sê, gebeur presies so
Jehovah het dit wat in die toekoms sou gebeur, presies voorspel
’n Wag wat die Persiese koning met ’n pyl en boog beskerm het
“Maak skerp die pyle”
Die Mede en Perse was baie goeie boogskutters en die boog was die wapen wat hulle die meeste gebruik het. Hulle het hulle pyle skerp gemaak sodat dit meer skade kon doen
“Die sterk manne van Babilon het opgehou veg”
Die Naboniduskroniek sê: “Die leërmag van Kores het Babilon binnegegaan sonder om te veg.” Dit beteken dat dit ’n maklike oorwinning was, net soos Jeremia se profesie voorspel het
Die Naboniduskroniek
“Babilon sal kliphope word” en “tot onbepaalde tyd net verlate woestenye . . . word”
Vanaf 539 VHJ het Babilon begin agteruitgaan. Aleksander die Grote wou dit sy hoofstad maak, maar hy het skielik gesterf. In die eerste eeu het daar nog steeds ’n groepie Jode in Babilon gewoon, en daarom het Petrus hulle gaan besoek. Maar teen die vierde eeu HJ was die stad vernietig, en het dit uiteindelik nie meer bestaan nie