Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 November
“Wanneer oorlog uitbreek, glo albei kante dat God aan hulle kant is. Dink jy dat God oorlog goedkeur? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie Wagtoring bespreek waarom God in die verlede oorlog gevoer het en hoe hy binnekort oorlog eens en vir altyd tot ’n einde sal bring.” Lees Psalm 46:9 en bied die tydskrifte aan.
Ontwaak! November
“Miljoene mense regoor die wêreld is geskok deur die huigelary en skadelike leringe van verskillende godsdienste. Wat dink jy sal in die toekoms met godsdiens gebeur? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie tydskrif beklemtoon ’n merkwaardige profesie in die Bybelboek Openbaring. Dié profesie het nie net voorspel dat baie mense in ons tyd valse godsdiens sal verlaat nie, maar ook dat valse godsdiens uiteindelik vernietig sal word.”