Velddiensglanspunte
Ons is baie bly om vir julle die Gedenkmaalopkoms vir al die lande onder die Suid-Afrikaanse takkantoor te gee. In die meeste gevalle is die syfers hoër as in 2014, wat baie aanmoedigend is. In Lesotho was die opkoms 10 266. Botswana het ’n opkoms van 6 323 gerapporteer en Namibië 7 726. In Suid-Afrika het ons ’n nuwe hoogtepunt van 250 754 bereik. En gedurende April het 11 011 verkondigers aan die hulppionierdiens deelgeneem. Baie Bybelstudies word ook nog in Suid-Afrika gehou, altesaam 145 001. Op St. Helena het 272 die Gedenkmaal bygewoon, en in Swaziland was die opkoms 8 841. Daar is nog baie werk in ons veld; die oes is inderdaad groot. Hou aan om die Heer van die oes te smeek om meer werkers in ons vrugbare veld uit te stuur.—Matteus 9:37, 38.