Voorgestelde aanbiedings
Die Wagtoring 1 Januarie
“Dink jy dat die wêreld ’n beter plek sal wees as almal volgens hierdie beginsel lewe? [Lees Hebreërs 13:18 en wag vir ’n antwoord.] Die Bybel spoor ons aan om in alles eerlik te wees. Hierdie maand se nommer van Die Wagtoring bespreek watter uitwerking eerlikheid op alle aspekte van ons lewe het.”
Ontwaak! Januarie
“Ek is hier om hierdie maand se nommer van die Ontwaak! vir jou te gee. [Gee die tydskrifte vir die persoon.] Kyk asseblief na die vraag op bladsy 2 en ’n paar algemene antwoorde. Wat dink jy? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie artikel bespreek ’n paar Bybelbeginsels wat ons kan help om ons uitkyk op die lewe te verbeter.”