Rooster vir die week van 2 November
WEEK WAT BEGIN MET 2 NOVEMBER
Lied 52 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
ia hfst. 1 ¶14-27, hersiening op bl. 16 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Kronieke 16-20 (8 min.)
Nr. 1: 1 Kronieke 17:15-27 (3 min. of minder)
Nr. 2: Wat was die verbondsark?—Glossary, nwt-E bl. 1693, “Ark of the covenant”; of eie navorsing (5 min.)
Nr. 3: Elifas—Tema: Jehovah haat ’n valse tong—it-1-E bl. 713-714, “Eliphaz”, Nr. 2; of eie navorsing (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: Word “gewortel” en “in die geloof standvastig gemaak”.—Kol. 2:6, 7.
10 min: Bied die tydskrifte gedurende November aan. Bespreking. Begin deur te demonstreer hoe elk van die voorgestelde aanbiedings gebruik kan word. Ontleed dan elke aanbieding van begin tot einde.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Hoe het ons gevaar? Bespreking. Nooi verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle baat gevind het deur die wenke toe te pas in die artikel “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Help Bybelstudente om goeie studiegewoontes aan te kweek”. Vra die gehoor om positiewe ondervindinge te vertel.
Lied 140 en gebed
Let wel: Speel die lied asseblief eers een keer deur, en laat die gemeente dan die nuwe lied sing.