Rooster vir die week van 7 September
WEEK WAT BEGIN MET 7 SEPTEMBER
Lied 3 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 30 ¶1-9 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Konings 12-15 (8 min.)
Nr. 1: 2 Konings 13:12-19 (3 min. of minder)
Nr. 2: Dorkas—Tema: Ware Christene is oorvloedig in goeie werke—it-1-E bl. 646, “Dorcas”; of eie navorsing (5 min.)
Nr. 3: Wat bevat die verskillende boeke van die Christelike Griekse Geskrifte?—igw bl. 31 (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die Maand: “Wat my en my huis betref, ons sal Jehovah dien.”—Jos. 24:15.
10 min: Hoe het ons gevaar? Bespreking. Nooi verkondigers om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om punte in die artikel “Verbeter jou vaardighede in die bediening—Lei nuwelinge op” toe te pas. Vra die gehoor om goeie ondervindinge te vertel.
10 min: Gesinne, is dit julle gewoonte om vergaderinge by te woon? Toespraak gebaseer op Hebreërs 10:24, 25. Voer ’n onderhoud met ’n gesin wat kinders het. Hoe verseker die hoof van die gesin dat vergaderinge ’n prioriteit is? Hoe dra elke persoon tot die gesin se gereelde bywoning by? Wanneer berei hulle kommentare voor? Watter opofferings maak hulle om die vergaderinge by te woon? Sluit af deur almal aan te spoor om vergaderinge gereeld by te woon en daaraan deel te neem.
10 min: Kan jy saadjies van Bybelwaarheid by jou familielede saai? (Handelinge 10:24, 33, 48) Bespreking gebaseer op die Jaarboek vir 2015, bladsy 87, paragraaf 1-2; en bladsy 90, paragraaf 1-3. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle geleer het.
Lied 118 en gebed