Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat met 31 Augustus 2015 begin, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word.
Watter geloofversterkende waarhede omtrent Jehovah God vind ons in Salomo se gebed, en hoe sal dit ons tot voordeel strek as ons oor hierdie waarhede peins? (1 Kon. 8:22-24, 28). [6 Jul., w05 7/1 bl. 30 par. 3]
Hoe kan die voorbeeld wat Dawid gestel het deur “met onkreukbaarheid van hart” te wandel, ons aanspoor om dit ook te doen? (1 Kon. 9:4). [13 Jul., w12 11/15 bl. 7 par. 18-19]
Watter belangrike les kan ons leer uit die verslag oor Jehovah wat Elia na die weduwee van Sarfat gestuur het? (1 Kon. 17:8-14). [27 Jul., w14 2/15 bl. 14]
Hoe kan bepeinsing oor die verslag in 1 Konings 17:10-16 ons meer vasbeslote maak om ten volle op Jehovah te vertrou? [27 Jul., w14 2/15 bl. 13-15]
Wat kan ons leer uit wat Elia gedoen het toe hy wanhopig was? (1 Kon. 19:4). [3 Aug., ia bl. 102-103 par. 10-12; w14 3/15 bl. 15 par. 15-16]
Hoe het Jehovah gereageer toe hy sien hoe wanhopig sy getroue profeet Elia is, en hoe kan ons ons liefdevolle God navolg? (1 Kon. 19:7, 8). [3 Aug., w14 6/15 bl. 27 par. 15-16]
Watter verkeerde beskouing het koning Agab gehad, en hoe kan Christene van vandag voorkom dat hulle ’n soortgelyke fout maak? [10 Aug., lv bl. 164-165, venster; w14 2/1 bl. 14 par. 3-4]
Wat kan ons leer uit die versoek wat Elisa aan Elia gerig het, en hoe kan dit ons help wanneer ons ’n nuwe toewysing in Koninkryksdiens ontvang? (2 Kon. 2:9, 10). [17 Aug., w03 11/1 bl. 31 par. 5-6]
Hoe kan jongmense die geloof en moed navolg van die Israelitiese meisietjie wat in 2 Konings 5:1-3 gemeld word? [24 Aug., w12 2/15 bl. 12-13 par. 11]
Watter eienskappe van Jehu moet alle knegte van Jehovah gedurende hierdie tyd van die einde probeer aan die dag lê? (2 Kon. 10:16). [31 Aug., w11 11/15 bl. 5 par. 4]