Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir Augustus: Goeie nuus wat van God kom! of ’n ander brosjure van 32 bladsye wat in voorraad is. September en Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak!. November en Desember: Wat leer die Bybel werklik? of een van die volgende traktate: Kan die dooies werklik weer lewe?, Hoe beskou jy die Bybel?, Hoe beskou jy die toekoms?, Wat is die sleutel tot ’n gelukkige gesinslewe?, Wat is die Koninkryk van God?, Wie is werklik in beheer van die wêreld? en Sal lyding ooit tot ’n einde kom?
◼ Vanaf September sal kringopsieners die openbare toespraak hou met die tema “Is God se weë werklik voordelig?”
◼ Die vergaderingrooster vir die week voor julle streekbyeenkoms sal moontlik aangepas word om die raad en herinneringe wat gedurende die week van 20 en 27 April 2015 bespreek is, te hersien. ’n Maand of twee ná julle streekbyeenkoms kan ’n “Plaaslike behoeftes”-deel gebruik word om byeenkomspunte te hersien wat die verkondigers in die bediening nuttig gevind het.
◼ Augustus is die laaste maand van die 2015 diensjaar. Groepopsieners en sekretarisse word aangespoor om alle uitstaande rapporte vir die vorige maand in te samel en dit by die Augustus rapport in te sluit wat aan die Takkantoor gestuur word. Alle verkondigers moet seker maak dat hulle hulle velddiens stiptelik aan die einde van elke maand rapporteer.
◼ Die volgende nuwe Koninkryksale is in ons takkantoor se gebied toegewy: Oos-Kaap: Zwelitsha-Sentraal. Vrystaat: Botshabelo-Oos. KwaZulu-Natal: Adams Mission. Limpopo: Maleetse. Swaziland: Mahwalala.