Rooster vir die week van 18 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 18 MEI
Lied 50 en gebed
Gemeentelike Bybelstudie:
cl hfst. 24 ¶18-21, venster op bl. 249 (30 min.)
Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Samuel 9-12 (8 min.)
Nr. 1: 2 Samuel 10:13–11:4 (3 min. of minder)
Nr. 2: Benaja—Tema: Wees getrou en vreesloos—it-1-E bl. 284-285, “Benaiah”, Nr. 1; of eie navorsing (5 min.)
Nr. 3: Watter hoop is daar vir die dooies?—igw bl. 19 ¶1-3 (5 min.)
Diensvergadering:
Tema vir die maand: Help alle soorte mense om tot juiste kennis van die waarheid te kom.—1 Tim. 2:3, 4.
10 min: Hoe Paulus Grieke gehelp het om tot juiste kennis van die waarheid te kom. Bespreking. Reël dat Handelinge 17:22-31 gelees word. Bespreek hoe hierdie verslag ons in ons bediening kan help.
20 min: Jehovah sal jou help om moedig te wees. Bespreking. Speel die video Jehovah sal jou help om moedig te wees. (Besoek jw.org/af, en kyk onder BYBELLERINGE > KINDERS.) Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor die lesse wat hulle uit die video geleer het. Vra skoolgaande kinders om te vertel hoe hierdie video hulle gehelp het om die moed te hê om vir hulle skoolmaats en onderwysers te getuig. Reël ’n demonstrasie wat gebaseer is op ’n uitsonderlike ondervinding wat een van die kinders gehad het toe hy of sy by die skool getuig het.
Lied 60 en gebed