Verbeter jou vaardighede in die bediening—As jy getuig vir iemand wat ’n ander taal praat
Waarom dit belangrik is: Jehovah stel belang in die geestelike welsyn van mense “in elke nasie” (Hand. 10:34, 35). Jesus het dus aangedui dat die goeie nuus “in die hele bewoonde aarde” en aan “al die nasies” verkondig sou word (Matt. 24:14). Sagaria het voorspel dat mense “uit al die tale van die nasies” gunstig hierop sou reageer (Sag. 8:23). Volgens die visioen wat die apostel Johannes gesien het, sal diegene wat die groot verdrukking oorleef, mense “uit alle nasies en stamme en volke en tale” insluit (Op. 7:9, 13, 14). Wanneer ons iemand in ons gebied teëkom wat ’n ander taal praat, moet ons dus vir hom probeer getuig.
Wenk vir die maand:
Gedurende julle volgende aand vir Gesinsaanbidding kan julle oefen hoe om vir iemand te getuig wat ’n ander taal praat.