Voorgestelde aanbiedings
Om op die eerste Saterdag in Januarie Bybelstudies te begin
“Die meeste mense het hulle eie opinie oor God. Party dink aan God as ’n geheimsinnige krag. Ander beskou hom as ’n liefdevolle hemelse Vader. Watter soort persoon dink jy is God?” Wag vir ’n antwoord. Wys vir die persoon die agterblad van Die Wagtoring van 1 Januarie en bespreek die materiaal onder die eerste vraag en ten minste een van die teksverwysings. Bied die tydskrifte aan, en reël om terug te gaan en die volgende vraag te bespreek.
Die Wagtoring 1 Januarie
“Ons besoek mense kortliks om te praat oor iets wat ons almal raak—die dood van ’n geliefde. Stem jy saam dat die dood van ’n geliefde vriend of familielid een van die moeilikste dinge is om te verwerk? [Wag vir ’n antwoord.] Baie mense is al vertroos deur hierdie Bybelvers. [Lees Jesaja 25:8.] Hierdie tydskrif bespreek die Bybel se aanmoedigende belofte dat die dood uit die weg geruim sal word en dat ons geliefdes opgewek sal word.”
Ontwaak! Januarie
“Sal jy saamstem dat gesinne vandag onder baie druk verkeer? [Wag vir ’n antwoord.] Hierdie Bybelspreuk sê vir ons wat gesinne nodig het om hulle huisgesinne op te bou en te versterk. [Lees Spreuke 24:3.] Baie mense het gevind dat die Bybel ’n bron van betroubare wysheid is. Hierdie tydskrif bespreek ’n unieke webwerf wat op die Bybel gebaseer is en gratis hulpmiddele bevat wat gesinne kan help.”