Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/13 bl. 8
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2013
Ons Koninkryksbediening—2013
km 12/13 bl. 8

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Desember: Wat leer die Bybel werklik? of Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of die brosjure Goeie nuus wat van God kom! Januarie en Februarie 2014: Bied die brosjure Goeie nuus wat van God kom! aan, of enige brosjure vir velddiens wat die gemeente in voorraad het. Bied die Leer Bybel-boek tydens herbesoeke aan of, as dit meer gepas is, een van die twee brosjures Goeie nuus wat van God kom! of Luister na God en lewe vir ewig, en probeer om ’n Bybelstudie te begin. Maart en April 2014: Die Wagtoring! en Ontwaak! Bied die Leer Bybel-boek tydens herbesoeke aan of, as dit meer gepas is, een van die twee brosjures Goeie nuus wat van God kom! of Luister na God en lewe vir ewig, en probeer om ’n Bybelstudie te begin.

◼ Die Gedenkmaal vir 2015 sal Vrydag, 3 April 2015, gehou word.

◼ Ons is bly om aan te kondig dat twee gemeentes hulle nuwe Koninkryksaal toegewy het. Limpopo: Bakenberg. Mpumalanga: Nu-Ermelo.

◼ Die ontoegekendegebied-kampanje vir 2014 sal gedurende Maart, April en Mei plaasvind. Ouer manne word aangespoor om die reëlings vroegtydig te finaliseer en om die verkondigers op hoogte te hou van wanneer en waar hulle in die ontoegekende gebied gaan werk.

◼ Ouers word aangespoor om die wenke in Ons Koninkryksbediening vir Julie 2013, bladsy 4, gedurende gesinsaanbidding te gebruik om hulle kinders voor te berei op die uitdagings waarvoor hulle in die nuwe skooljaar te staan sal kom.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel