Velddiensglanspunte
Die rapport vir Junie vir Lesotho toon dat daar ’n toename van 12 persent in die gemiddelde aantal verkondigers was in vergelyking met 2012, toe 4 101 gerapporteer het. Hierdie verkondigers het ’n ywerige aandeel aan die veldbediening. Hulle hou 6 795 Bybelstudies en bestee elkeen gemiddeld 11,4 uur aan die bediening. Die feit dat die broers hulle velddiens betyds rapporteer, word grootliks waardeer omdat dit bydra tot ’n goeie rapport wat vir ons hele veld baie aanmoedigend is.—Spr. 15:30.