Rooster vir die week van 9 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 9 DESEMBER
Lied 84 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jl Lesse 17-19 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Johannes 1-5; 2 Joh 1-13; 3 Joh 1-14–Judas 1-25 (10 min.)
Nr. 1: 1 Joh. 5:1-21 (4 min. of minder)
Nr. 2: Hoe moet Jesus Christus onthou word?—Luk. 1:32, 33; Joh. 17:3 (5 min.)
Nr. 3: Die regte godsdiens openbaar ware geloof in Jesus Christus—rs bl. 178 ¶3 (5 min.)
□ Diensvergadering:
15 min: Die Teokratiese Bedieningskool vir 2014. Toespraak deur die skoolopsiener. Gebruik die instruksies vir die Teokratiese Bedieningskool vir 2014 en bespreek punte wat plaaslik van belang is. Verduidelik dat die broer wat die hoogtepunte doen, nie meer die materiaal in die “Hele Skrif”-boek sal bespreek as die Bybelleesgedeelte uit die eerste hoofstukke van ’n Bybelboek kom nie. En wanneer Toewysings nr. 2 en 3 na paragrawe in die Redenering- of Insight-boeke verwys, moet net die inspringende paragrawe gebruik word. Spoor almal aan om hulle toewysing ywerig uit te voer, aan die Bybelglanspunte deel te neem en die wenke toe te pas wat elke week uit die Bedieningskool-boek gegee word.
15 min: “Hoe om doeltreffende inleidings voor te berei.” Vrae en antwoorde. Demonstreer twee inleidings om die Leer Bybel-boek aan te bied, een wat ondoeltreffend is en daarna een wat doeltreffend is.
Lied 60 en gebed