Rooster vir die week van 2 Desember
WEEK WAT BEGIN MET 2 DESEMBER
Lied 123 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jl Lesse 14-16 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 1 Petrus 1-5–2 Petrus 1-3 (10 min.)
Nr. 1: 1 Petrus 2:18–3:7 (4 min. of minder)
Nr. 2: Die regte godsdiens is op die Bybel gebaseer en maak God se naam bekend—rs bl. 178 ¶1-2 (5 min.)
Nr. 3: Waarom ons seker is dat Jesus die Messias is—Luk. 24:44; Gal. 4:4 (5 min.)
□ Diensvergadering:
5 min: Begin ’n Bybelstudie op die eerste Saterdag. Toespraak. Moedig almal aan om Bybelstudies op die eerste Saterdag in Desember te begin. Demonstreer kortliks hoe dit gedoen kan word deur die agterblad van Die Wagtoring te gebruik.
15 min: Het jy dit al probeer? Bespreking. Bespreek kortliks in ’n toespraak inligting uit hierdie onlangse artikels in Ons Koninkryksbediening: “Ons amptelike webwerf—Ontwerp om ons en ander te help” (km 12/12), “Gebruik video’s om ander te onderrig” en “Wie sal hierin belangstel?” (km 5/13). Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe hulle daarby baat gevind het om die wenke in hierdie artikels toe te pas.
10 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 12 en gebed