Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir November: Koninkryksnuus Nr. 38, “Kan die dooies werklik weer lewe?” As al die eksemplare voor die einde van die maand versprei is, moet Wat leer die Bybel werklik? of Die waarheid—Wil jy dit graag vind? aangebied word. Desember: Wat leer die Bybel werklik? of Die waarheid—Wil jy dit graag vind? Waar belangstelling getoon word, moet ’n Bybelstudie gedemonstreer word in die Leer Bybel-boek of in die brosjure Goeie nuus wat van God kom! Januarie en Februarie 2014: Bied die brosjure Goeie nuus wat van God kom! aan, of enige brosjure vir velddiens wat die gemeente in voorraad het. Wanneer jy herbesoeke doen, moet jy die Leer Bybel-boek of, as dit meer gepas is, een van die twee brosjures Goeie nuus wat van God kom! of Luister na God en lewe vir ewig aanbied, en probeer om ’n Bybelstudie te begin.
◼ Ons is bly om aan te kondig dat vier gemeentes verheug is oor die toewyding van hulle nuwe Koninkryksaal. Gauteng: Hartbeespoort. Limpopo: Mashobohleng. Mpumalanga: Naboomkoppies. Wes-Kaap: Langa.