Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/13 bl. 3
  • ’n Nuttige reeks vir ons bediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuttige reeks vir ons bediening
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • ’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • Jesus se lewe en bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1991
  • Van ons lesers
    Ontwaak!—2004
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 11/13 bl. 3

’n Nuttige reeks vir ons bediening

1. Watter tweevoudige doel het die reeks “’n Gesprek met ’n buurman” en “’n Gesprek met ’n buurvrou”?

1 Van tyd tot tyd bevat die publieke uitgawe van Die Wagtoring die reeks “’n Gesprek met ’n buurman” en “’n Gesprek met ’n buurvrou”. Hierdie reeks het ’n tweevoudige doel—om Bybelleringe op ’n manier oor te dra wat mense se belangstelling wek en om ons te wys hoe ons taktvol oor sekere onderwerpe kan redeneer (1 Pet. 3:15). Hoe kan ons goed gebruik maak van hierdie artikels?

2. Hoe kan ons hierdie reeks artikels in ons bediening gebruik?

2 Gebruik dit in die bediening: Jy kan moontlik ekstra eksemplare van Die Wagtoring bêre wat ’n artikel uit hierdie reeks bevat. Wanneer ’n huisbewoner, ’n belangstellende of ’n Bybelstudent ’n vraag of ’n beswaar opper wat in een van hierdie artikels bespreek word, kan jy vir hom ’n eksemplaar van die artikel gee en aanbied om dit met hom te bespreek. As jy nie ’n gedrukte eksemplaar van die tydskrif het waarin die artikel verskyn nie, kan jy dit dalk aflaai van jw.org/af.

3. Hoe kan ons een van die artikels met ’n huisbewoner bespreek?

3 Hoe kan jy een van hierdie artikels met iemand bespreek? Party verkondigers het die persoon gevra om die woorde van die buurman of buurvrou hardop te lees, terwyl hulle die woorde van die Getuie lees. Hierdie derde-persoon-benadering kan doeltreffend wees omdat dit die persoon in staat stel om ons oortuigings te ondersoek op ’n manier wat hom nie ongemaklik laat voel nie.—Deut. 32:2.

4. Hoe kan ons die artikels in hierdie reeks gebruik om onsself op te lei?

4 Lei jouself en ander op: Terwyl jy deur hierdie artikels lees, moet jy let op die tekste, illustrasies en redenasies wat gebruik word. Let ook op die toon van die materiaal. Probeer dan om ’n soortgelyke benadering in jou bediening te gebruik (Spr 1:5; 9:9). ’n Suster het gesê: “As jy hierdie artikels lees, is dit asof jy by ’n ‘volmaakte’ pioniermaat leer—een wat altyd weet wat die regte ding is om te sê!”

5. Hoe kan ons ons Bybelstudente help om vir die bediening voor te berei?

5 Jy kan hierdie reeks ook gebruik om jou Bybelstudente te help om vir die bediening voor te berei. Lees die inligting saam, en laat die student die rol van die verkondiger speel. So kan Bybelstudente oefen om hulle oortuigings op ’n taktvolle manier te verduidelik (Kol 4:6). Hierdie artikels is werklik een van die talle maniere waarop Jehovah ons help om ons bediening ‘ten volle uit te voer’.—2 Tim. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel