Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/10 bl. 2
  • ’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • ’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Maak jy ten volle daarvan gebruik?
    Ons Koninkryksbediening—2008
  • ’n Nuwe reeks in Die Wagtoring
    Ons Koninkryksbediening—2012
  • ’n Nuttige reeks vir ons bediening
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Hoe om Bybelstudies te begin met mense by wie ons tydskrifte gelaat het
    Ons Koninkryksbediening—2007
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 12/10 bl. 2

’n Nuwe reeks om Bybelstudies te begin

1. Watter nuwe reeks sal in die publieke uitgawe van Die Wagtoring verskyn, en wat is die doel daarvan?

1 ’n Nuwe reeks sal vanaf volgende maand in die publieke uitgawe van Die Wagtoring verskyn om ons te help om Bybelstudies te begin. Die titel daarvan is “Leer uit God se Woord”. Hoewel party in die gebied dit ongetwyfeld sal geniet om elke artikel te lees, is die doel daarvan eintlik om dit te bespreek.

2. Wat is party van die kenmerke van hierdie artikels?

2 Kenmerke: Die titel en onderhofies word as vrae gestel wat jy die huisbewoner tydens die bespreking kan vra. Sleuteltekste word net aangegee, nie aangehaal nie, sodat die huisbewoner dit kan geniet om self uit God se Woord te leer. Die paragrawe is kort sodat dit by die deur bespreek kan word. Elke artikel verwys na die Leer Bybel-boek, wat jou sal help om die studie in hierdie publikasie voort te sit wanneer dit gepas is.

3. Hoe kan ons hierdie reeks in die huis-tot-huis-bediening gebruik om ’n Bybelstudie by die deur te begin?

3 Hoe om dit te gebruik: Wanneer jy die tydskrifte aanbied, kan jy ’n gedagteprikkelende vraag oor die algemene onderwerp van die artikel vra. Die nommer van 1 Januarie bespreek byvoorbeeld die waarde van die Bybel. Jy kan vra: “Beskou jy die Bybel as God se Woord of bloot as ’n goeie boek? [Wag vir ’n antwoord.] Ek wil jou graag iets interessants oor hierdie onderwerp wys.” Vestig die aandag op die eerste vraag, lees die eerste paragraaf en slaan die teksverwysing na. Lees weer die vraag en vra die huisbewoner om kommentaar te lewer. Bespreek soveel materiaal as wat gepas is deur die genommerde vrae as besprekingspunte te gebruik. Aan die einde van die bespreking kan jy die aandag op die volgende vraag vestig en vaste reëlings tref om terug te keer en dit te bespreek. Gaan terug om elke week nog ’n deel van die artikel te bespreek totdat jy die volgende nommer kan bring. Nog ’n opsie is om die direkte benadering te gebruik en bloot vir die huisbewoner ’n Bybelstudie aan te bied. Gebruik dan die artikel in die tydskrif om die studie te demonstreer.

4. Hoe kan ons hierdie artikels gebruik wanneer ons herbesoeke doen?

4 Jy kan hierdie nuwe reeks ook op doeltreffende wyse by mense op jou tydskrifroete en ander herbesoeke gebruik. Jy kan eenvoudig sê: “Daar is ’n nuwe reeks in Die Wagtoring. Kom ek wys jou hoe om dit te gebruik.” Dit is ons bede dat hierdie nuwe reeks nog baie mense in staat sal stel om “tot juiste kennis van die waarheid [te] kom”.—1 Tim. 2:4.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel