Rooster vir die week van 5 Augustus
WEEK WAT BEGIN MET 5 AUGUSTUS
Lied 77 en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
jr hfst. 12 ¶20-25, venster op bl. 151 (30 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Romeine 1-4 (10 min.)
Nr. 1: Romeine 3:21–4:8 (4 min. of minder)
Nr. 2: Waarom ware Christene hulle as “vreemdelinge en tydelike inwoners” in die wêreld beskou.—1 Pet. 2:11; 1 Joh. 2:15-17 (5 min.)
Nr. 3: Watter beskerming sal ware Christene gedurende die groot verdrukking geniet?—rs bl. 434 ¶1-5 (5 min.)
□ Diensvergadering:
10 min: Idees om die tydskrifte in Augustus aan te bied. Bespreking. Gebruik 30 tot 60 sekondes om te vertel waarom die tydskrifte in julle gebied byval sal vind. Nooi die gehoor dan om ’n gedagteprikkelende vraag oor die voorbladonderwerp van Die Wagtoring voor te stel, en vra daarna voorstelle oor watter teks gelees kan word. Doen dieselfde met die Ontwaak! en, as daar genoeg tyd is, met nog ’n artikel in een van die twee tydskrifte. Demonstreer hoe elke nommer aangebied kan word.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Wat leer ons? Bespreking. Reël dat Lukas 5:27-32 gelees word. Bespreek hoe hierdie verslag ons in ons bediening kan help.
Lied 119 en gebed