Bespreek een onderwerp, maar bied albei tydskrifte aan
Die Wagtoring en Ontwaak! bespreek elke maand ’n verskeidenheid interessante onderwerpe. Eerder as om by elke deur die aandag op verskeie onderwerpe te vestig, is dit gewoonlik beter om net een onderwerp te bespreek. As ons oplettend is en vertroud is met die inhoud van die tydskrifte, kan ons iets uit óf Die Wagtoring óf Ontwaak! kies waarin die huisbewoner sal belangstel. Byvoorbeeld, as ons speelgoed in of buite die huis sien, kan ons dalk ’n artikel oor gesinslewe bespreek. As ’n man na die deur toe kom, kan ons dalk besluit om die aandag te vestig op ’n onderwerp waarin die meeste mans belangstel, soos ’n goeie regering. Hoewel ons dalk net een onderwerp bespreek, sal ons gewoonlik albei tydskrifte aanbied as die huisbewoner belangstelling toon.