Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 24 Junie 2013 tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die datum waarop elke punt gedek moet word, word ingesluit sodat navorsing gedurende die weeklikse voorbereiding vir die skool gedoen kan word.
1. Wat het Jesus bedoel met die woorde: “Net soos Moses die slang in die wildernis opgehef het, so moet die Seun van die mens opgehef word”, wat in Johannes 3:14, 15 opgeteken is? [6 Mei, it-1-E bl. 505]
2. Wanneer ontvang Christus se volgelinge lewe in hulleself, of betree hulle die volheid van die lewe? (Joh. 6:53). [13 Mei, w03 9/15 bl. 31 par. 3]
3. Lig toe hoe Jesus sy Vader aan onvolmaakte mense geopenbaar het (Joh. 8:28). [20 Mei, w11 4/1 bl. 7 par. 2]
4. Wat leer ons uit die feit dat Jesus “trane gestort” het nadat sy vriend Lasarus gesterf het? (Joh. 11:35). [20 Mei, w08 5/1 bl. 24 par. 3-5]
5. Watter kragtige les het Jesus ons geleer deur die voete van sy dissipels te was? (Joh. 13:4, 5). [27 Mei, w99 3/1 bl. 31 par. 1]
6. Hoe kan God se gees vir ons ’n betroubare gids wees? (Joh. 14:26). [27 Mei, w11 12/15 bl. 14-15 par. 9]
7. Waarna verwys “hulle” in Johannes 21:15, en watter les kan ons hieruit leer? [3 Jun., w08 4/15 bl. 32 par. 11]
8. Watter gees moet Christene volgens Handelinge 2:44-47 en Handelinge 4:34, 35 navolg? [10 Jun., w08 5/15 bl. 30 par. 5]
9. Het Stefanus in die verslag in Handelinge 7:59 tot Jesus gebid? [17 Jun., w08 5/15 bl. 31 par. 2]
10. Hoe kan ons die goeie voorbeeld van Barnabas navolg, en watter voordele sal ons geniet as ons dit doen? (Hand. 9:26, 27). [24 Jun., bt bl. 65 par. 19]