Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 5/13 bl. 2
  • Wie sal hierin belangstel?

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wie sal hierin belangstel?
  • Ons Koninkryksbediening—2013
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe ons ons tydskrifte ten beste kan benut
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Gebruik tydskrifte in jou bediening
    Ons Koninkryksbediening—2005
  • Sit tyd vir tydskrifwerk opsy
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Kies artikels oor dinge waarin mense veral belangstel
    Ons Koninkryksbediening—1998
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2013
km 5/13 bl. 2

Wie sal hierin belangstel?

1. Waaraan moet ons dink wanneer ons ons persoonlike eksemplaar van Die Wagtoring of Ontwaak! lees, en waarom?

1 Die Wagtoring en Ontwaak! word saamgestel met die wêreldveld in gedagte. Die artikels bespreek dus ’n groot verskeidenheid onderwerpe. Terwyl ons elke artikel in ons persoonlike eksemplaar lees, moet ons dink aan wie in die besonder dalk daarin sal belangstel, en dan moet ons alles in ons vermoë doen om dit vir die persoon aan te bied.

2. Watter onderwerpe wat in ons tydskrifte bespreek word, sal van spesiale belang wees vir ander?

2 Bespreek die jongste Wagtoring ’n onderwerp waaroor jy en ’n werksmaat al gepraat het? Is daar ’n artikel oor die gesinslewe waarby ’n familielid sal baat vind? Het jy ’n kennis wat ’n reis beplan na ’n land wat al in die Ontwaak! bespreek is? Sal een van die tydskrifte byval vind by sekere besighede of plaaslike regeringsinstansies in jou gebied? Byvoorbeeld, ’n tydskrif wat uitdagings bespreek waarmee bejaardes te kampe het, sal dalk vir ouetehuise van spesiale belang wees. Wetstoepassingsinstansies sal dalk belangstel in ’n tydskrif wat handel oor misdaad.

3. Vertel ’n ondervinding wat die waarde daarvan toelig om spesifieke nommers van die tydskrifte aan te bied by persone wat ons dink in die inhoud daarvan sal belangstel.

3 Resultate: Nadat ’n egpaar in Suid-Afrika die Ontwaak! van Oktober 2011 ontvang het oor “Hoe om verantwoordelike kinders groot te maak”, het hulle 25 skole in hulle gemeente se gebied gebel. Twee-en-twintig wou eksemplare hê en het dit onder hulle leerlinge versprei. ’n Ander egpaar in hierdie land het dieselfde idee gehad en het eksemplare by skole in hulle gebied gelaat. Onderwysers by een van die skole het besluit om die tydskrif tydens hulle weeklikse oriëntasie- en leesprogram te gebruik. Die egpaar het hulle ondervinding vir ’n kringopsiener vertel. Hy het toe die gemeentes in sy kring aangemoedig om die skole in hulle gebied te nader. Die takkantoor het soveel versoeke vir bykomende tydskrifte ontvang dat hulle hierdie tydskrif moes herdruk!

4. Waarom wil ons die tydskrifte by soveel mense as moontlik aanbied?

4 Ons tydskrifte bespreek die ware betekenis van huidige gebeure en vestig die aandag op die Bybel en God se Koninkryk. Dit is die enigste tydskrifte in die wêreld wat “redding verkondig” (Jes. 52:7). Ons wil dit dus by soveel mense as moontlik aanbied. ’n Goeie manier om dit te doen, is om jou af te vra: ‘Wie sal hierin belangstel?’

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel