Rooster vir die week van 2 Mei
WEEK WAT BEGIN MET 2 MEI
Lied 99 (168) en gebed
□ Gemeentelike Bybelstudie:
bt hfst. 3 ¶4-11 (25 min.)
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: Job 38-42 (10 min.)
Nr. 1: Job 40:1-24 (4 min. of minder)
Nr. 2: Die voordele daarvan om saggeaard en geduldig te wees (5 min.)
Nr. 3: As iemand sê: “Het jy Jesus as jou persoonlike Saligmaker aangeneem?”—rs bl. 240 ¶2-3 (5 min.)
□ Diensvergadering:
Lied 82 (72)
10 min: Aankondigings. Gebruik die voorgestelde aanbieding op hierdie bladsy om te demonstreer hoe ’n studie begin kan word op die eerste Saterdag in Mei. Spoor almal aan om ’n aandeel te hê.
15 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Berei voor om die tydskrifte in Mei aan te bied. Bespreking. Gebruik een of twee minute om van die artikels in die tydskrifte te bespreek. Kies dan twee of drie artikels, en nooi die gehoor om vrae en tekste voor te stel wat in ’n aanbieding gebruik kan word. Demonstreer hoe elke nommer aangebied kan word.
Lied 91 (92) en gebed