Aankondigings
◼ Lektuuraanbod vir April en Mei: Die Wagtoring en Ontwaak! Junie: Wat leer die Bybel werklik? Julie en Augustus: Jy kán God se vriend wees! en Die weg na die ewige lewe—Het jy dit gevind? of enige velddiensbrosjure wat die gemeente in voorraad het.
◼ Vanaf Mei moet al die gemeentes die eerste Saterdag van elke maand gebruik om Bybelstudies te probeer begin. Die reeks “Leer uit God se Woord” in Die Wagtoring is bedoel om verkondigers hiermee te help. Die laaste bladsy van elke nommer van Ons Koninkryksbediening sal voorgestelde aanbiedings vir die volgende maand bevat, insluitende een wat gebruik kan word om ’n Bybelstudie op die eerste Saterdag te begin.
◼ Wanneer jy vir iemand getuig wat Chinees praat, moet jy hom die bladsye met Chinees (Tradisioneel) (CH) en Chinees (Vereenvoudig) (CHS) in die Nations-boekie wys om vas te stel wat hy verkies om te lees. Oor die algemeen lees mense uit Hongkong of Taiwan verkieslik lektuur in Chinees (Tradisioneel) (CH), terwyl dié uit China gewoonlik Chinees (Vereenvoudig) (CHS) verkies. Maar wanneer dit by video- of oudiopublikasies kom, moet jy in ag neem watter dialek die huisbewoner die vlotste praat en die beste verstaan. Gewoonlik verstaan mense uit China sowel as Taiwan Chinees (Mandaryns) (CHM), terwyl dié uit Hongkong Chinees (Kantonnees) (CHC) verstaan. Stuur asseblief belangstellendes se kontakbesonderhede aan die naaste Chinese gemeente of groep of aan die takkantoor.
◼ Ons wil die ouer manne herinner om bladsy een van die brief van 23 Mei 2010 aan alle liggame van ouer manne te hersien en ’n spesiale poging aan te wend om alle onbedrywige verkondigers te nooi om die Gedenkmaal op 17 April by te woon.