Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/11 bl. 3
  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool
  • Ons Koninkryksbediening—2011
Ons Koninkryksbediening—2011
km 4/11 bl. 3

Hersiening van die Teokratiese Bedieningskool

Die volgende vrae sal gedurende die week wat begin met 25 April 2011, tydens die Teokratiese Bedieningskool bespreek word. Die skoolopsiener sal ’n hersiening van 20 minute hou wat gebaseer is op materiaal wat gedek is in toewysings vir die weke vanaf 7 Maart tot 25 April 2011.

1. In watter sin het ‘baie van die volke van die land verklaar dat hulle Jode is’? (Est. 8:17). [w06 3/1 bl. 11 par. 3]

2. Waarom is Satan toegelaat om voor Jehovah in te kom? (Job 1:6; 2:1). [w06 3/15 bl. 13 par. 6; it-2-E bl. 16 par. 4]

3. Wat word geïmpliseer deur Satan se vraag: “Is dit verniet dat Job God gevrees het?” (Job 1:9). [w94 11/15 bl. 11 par. 6]

4. Waarom boesem dit vertroue by ons in as ons weet dat Jehovah “wys van hart en sterk in krag” is? (Job 9:4). [w07 5/15 bl. 25 par. 16; it-2-E bl. 1190 par. 3]

5. Hoe het Elifas se woorde dat ’n man “onregverdigheid indrink soos water” Satan se denkwyse weerspieël? (Job 15:16). [w10 2/15 bl. 20 par. 1-2]

6. Wat kan ons uit Job se uitroep in Job 19:2 leer? [w94 10/1 bl. 32 par. 1-5]

7. Wat het Job gehelp om sy onkreukbaarheid te handhaaf? (Job 27:5). [w09 4/15 bl. 7 par. 17]

8. Hoe kan ons Job navolg wanneer ander hulp nodig het? (Job 29:12, 13). [w02 5/15 bl. 22 par. 19; w94 9/15 bl. 24 par. 1]

9. Hoe het Elihu se raad van dié van Job se drie ander metgeselle verskil? (Job 33:1, 6). [w95 2/15 bl. 29 par. 3]

10. Watter uitwerking moet dit op ons hê as ons oor Jehovah se wonderlike werke peins? (Job 37:14). [w06 3/15 bl. 16 par. 4]

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel