Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/10 bl. 4
  • Vraebus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Vraebus
  • Ons Koninkryksbediening—2010
  • Soortgelyke materiaal
  • Ondersteun die pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Toon waardering vir ons pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • ’n Herinnering vir die sekretaris en die diensopsiener
    Ons Koninkryksbediening—1995
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Ons Koninkryksbediening—2003
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2010
km 11/10 bl. 4

Vraebus

◼ Op watter praktiese maniere kan ons pioniers help?

Gedurende die 2009-diensjaar het byna 800 000 broers en susters oor die hele wêreld as gewone en spesiale pioniers gedien. Hierdie voltydse knegte offer die “eerstelinge” op wat hulle tyd, energie en middele betref, om die goeie nuus van die Koninkryk te verkondig (Spr. 3:9). Jehovah is beslis baie tevrede met hulle pogings! Hoe kan ons Jehovah se beskouing weerspieël en tot hulle vreugde en volharding in hierdie aspek van die bediening bydra?

Ons goedgekose woorde kan hulle beslis aanspoor om in die pionierdiens te bly (Spr. 25:11). Kan ons ons weeklikse rooster aanpas sodat ons saam met hulle velddiens kan doen? Wanneer ons saam met hulle werk, kan ons aanbied om eerder ons motor te gebruik. En as ons in hulle motor ry, kan ons aanbied om ’n bydrae te gee om hulle onkoste te help dek (1 Kor. 13:5; Fil. 2:4). Ons toon ook ons liefdevolle ondersteuning deur gasvry te wees en pioniers af en toe vir ’n ete na ons huis te nooi.—1 Pet. 4:8, 9.

Die Skrif waarborg dat Jehovah die lewensbenodigdhede sal voorsien aan diegene wat eers sy Koninkryk soek (Ps. 37:25; Matt. 6:33). Een manier waarop hy dit doen, is deur middel van ons liefdevolle Christenbroederskap (1 Joh. 3:16-18). Pioniers verwag natuurlik nie dat ander mense hulle finansiële verantwoordelikhede moet nakom nie. En hulle sal dalk nie uit hulle eie vir ander sê wanneer hulle iets nodig het nie. Maar ons kan op praktiese maniere getroue pioniers help en ‘hulle tekort aanvul’ as ons oplettend is.—2 Kor. 8:14, 15.

Toe Febe, ’n ywerige evangeliedienaar in die eerste-eeuse gemeente in Kenchreë, na Rome gereis het, het Paulus vir die broers in Rome gesê dat hulle haar moet “verwelkom in die Here op ’n wyse wat die heiliges waardig is, en . . . haar [moet] bystaan in enige saak waarin sy [hulle] nodig mag hê” (Rom. 16:1, 2). Ons het die geleentheid om dieselfde liefdevolle ondersteuning te gee aan diegene in ons gemeente wat die goeie nuus sonder ophou verkondig as gewone en spesiale pioniers.—Hand. 5:42.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel