The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy
Watter bewyse toon dat die Bybel geskiedkundig akkuraat is? Watter vervulde Bybelprofesieë gee ons die vertroue dat profesieë oor die toekoms ook bewaarheid sal word? Hierdie vrae word bespreek in die video The Bible—Accurate History, Reliable Prophecy, die derde aanbieding op die DVD The Bible—A Book of Fact and Prophecy. Kan jy die volgende vrae beantwoord nadat jy na hierdie video gekyk het?
(1) Wie is die Bron van die Bybel se betroubare inligting? (Dan. 2:28). (2) Hoe skilder die Bybel ’n akkurate prentjie van eertydse Egipte, en hoe is die profesie in Jesaja 19:3, 4 bewaarheid? (3) Hoe het argeologie die Bybel se uitbeelding van die Assiriërs, hulle konings en Assirië se einde bevestig? (Nah. 3:1, 7, 13). (4) Watter profesieë oor Babilon is vervul? (Jer. 20:4; 50:38; 51:30). (5) Watter profesie oor Medo-Persië is bewaarheid? (Jes. 44:28). (6) Hoe is Daniël 7:6 en 8:5, 8 met betrekking tot Griekeland vervul? (7) Hoe is Daniël 7:7 vervul toe Rome as ’n wêreldmoondheid te voorskyn gekom het? (8) Watter keisers word in die Bybel genoem? (9) Wat het met Christene gebeur onder die bewind van Nero? (10) Hoe is die profesieë in Openbaring 13:11 en 17:10 vervul? (11) Wie is die agtste koning? (12) Watter tonele in die video bewys dat Prediker 8:9 waar is? (13) Watter profesieë oor die toekoms wil jy baie graag hê moet vervul word? (14) Hoe kan jy hierdie video gebruik om ander te oortuig dat die Bybel van God af kom?