Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 8/03 bl. 8
  • Die seëninge van die pionierbediening

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Die seëninge van die pionierbediening
  • Ons Koninkryksbediening—2003
  • Soortgelyke materiaal
  • Die seëninge van die pionierbediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1997
  • Ondersteun die pioniers
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Pioniers bring en ontvang seëninge
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1994
  • Toon waardering vir die pionierdiens
    Ons Koninkryksbediening—1986
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2003
km 8/03 bl. 8

Die seëninge van die pionierbediening

1, 2. Watter seëninge hou ten nouste verband met die pionierbediening, en waarom?

1 “Ek weet dat geen ander werk my die tevredenheid sou kon gee wat met die verkondiging van die waarheid gepaardgaan nie,” het een pionier gesê. ’n Ander het gesê: “Aan die einde van elke dag, is my slaap soet en my hart vol vreugde.” Hierdie pioniers praat namens broers en susters regoor die wêreld wat die seëninge van die pionierbediening ondervind het.—Spr. 10:22.

2 Dit bring ware tevredenheid mee om ander te help om die lewensreddende kennis van God se Woord op te doen (Hand. 20:35; 1 Tess. 2:19, 20). “Dit is opwindend en geloofversterkend om te sien hoe kragtig God se Woord is deurdat dit mense beweeg om veranderinge in hulle lewe aan te bring”, het iemand geskryf wat al lank in die pionierdiens is. Ja, omdat pioniers hulleself beskikbaar stel om mense te help en Bybelstudies te hou, kan hulle hierdie seëninge geniet.

3, 4. Hoe leer die pionierdiens ’n mens om op Jehovah te vertrou, en hoe help dit jou om geestelik te groei?

3 Vertroue op Jehovah: Omdat pioniers elke dag op God se gees steun terwyl hulle hulle bediening uitvoer, help dit hulle om “die vrugte van die gees” aan te kweek en is dit vir hulle ’n beskerming (Gal. 5:16, 22, 23). En aangesien pioniers God se Woord heeltyd gebruik, hanteer hulle die Skrif dikwels op bedrewe wyse om die waarheid te verdedig en om ander te versterk (2 Tim. 2:15). ’n Broer wat al dekades lank pionier, het gesê: “Die pionierdiens het my gehelp om ’n diep kennis van die Bybel te verkry, ’n kennis wat ek gebruik het om baie mense te help om Jehovah en sy voornemens te leer ken.” Hoe lonend tog!

4 Gewone pioniers moet ook op baie ander maniere op Jehovah vertrou. Hulle geloof word versterk wanneer hulle sien hoe hy hulle pogings seën om in hulle materiële behoeftes te voorsien. Een 72-jarige wat al 55 jaar lank ’n gewone pionier is, het gesê: “Jehovah het my nog nooit in die steek gelaat nie.” En omdat pioniers hulle lewe eenvoudig hou, vrywaar dit hulle teen baie sorge van die lewe. Vind dit byval by jou?—Matt. 6:22; Heb. 13:5, 6.

5. Hoe help die pionierdiens ’n mens om nader aan Jehovah te kom?

5 ’n Hegter verhouding met God: Ons verhouding met Jehovah is uiters kosbaar (Ps. 63:3). Wanneer ons weens liefde vir Jehovah ’n volle deelname aan die bediening het, word daardie verhouding selfs hegter (Jak. 4:8). ’n Broer wat al meer as 18 jaar pionier, het gesê: “Die pionierdiens stel ons in staat om te ‘smaak en sien dat Jehovah goed is’ en help ons om elke dag ’n selfs sterker verhouding met ons Skepper op te bou.”—Ps. 34:8.

6. Wat moet pioniers hê, en wie benewens die pioniers vind daarby baat?

6 Benewens die regte omstandighede moet pioniers sterk geloof hê, opregte liefde vir God en naaste, asook ’n bereidwillige gees om opofferings te maak (Matt. 16:24; 17:20; 22:37-39). Maar soos die stralende gesigte van pioniers regoor die wêreld getuig, is die seëninge van die pionierbediening onoortreflik (Mal. 3:10). Hierdie seëninge is nie net tot die pioniers beperk nie, maar hulle gesinne en die gemeente vind ook grootliks baat by die goeie gees wat die pioniers toon.—Fil. 4:23.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel