Rooster vir die week van 6 September
WEEK WAT BEGIN MET 6 SEPTEMBER
Lied 69 (91)
□ Gemeentelike Bybelstudie:
cf hfst. 10 ¶1-10
□ Teokratiese Bedieningskool:
Bybelleesgedeelte: 2 Konings 12-15
Nr. 1: 2 Konings 13:1-11
Nr. 2: Maniere waarop ons heilige gees kan ontvang
Nr. 3: Watter vorm van die goddelike naam is reg, Jehovah of Jahweh, en waarom is dit belangrik om God se naam te ken en te gebruik? (rs bl. 215 ¶3–bl. 218 ¶3)
□ Diensvergadering:
Lied 60 (70)
5 min: Aankondigings.
10 min: Waarom ons nie valse profete is nie. Gehoorbespreking gebaseer op die Redenering-boek, bladsy 410, paragraaf 3, tot bladsy 412, paragraaf 2. Reël dat een van die wenke op bladsye 411 tot 412 gedemonstreer word.
10 min: Plaaslike behoeftes.
10 min: Voer ’n onderhoud met een of twee voorbeeldige verkondigers wat Jehovah al jare lank getrou dien. Hoe het die predikingswerk verander sedert hulle aanvanklik met die bediening begin het? Watter Koninkryksgroei het hulle in die plaaslike gebied en regoor die wêreld gesien? Hoe het die organisasie hulle gehelp om vooruitgang te maak as evangeliedienaars?
Lied 121 (135)