Wat ons oor die tydskrifte kan sê
Die Wagtoring 1 Julie
“Baie van ons was al onseker oor wat ons moet sê vir ’n vriend wat ernstig of terminaal siek is. Wat dink jy van hierdie raad? [Lees Jakobus 1:19. Wag dan vir ’n antwoord.] Hierdie artikel gee ’n aantal praktiese wenke wat op Bybelbeginsels gegrond is.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 10 begin.
Ontwaak! Julie
“Behoort vroue as bedienaars georden te word? [Wag vir ’n antwoord.] Kyk wat die Bybel oor een vrou sê. [Lees Romeine 16:1.] Maar ’n ander vers sê dat vroue moet stilbly in die gemeente. Wat is dan die Bybel se beskouing? Hierdie artikel verduidelik.” Vestig die aandag op die artikel wat op bladsy 28 begin.
Die Wagtoring 1 Augustus
“Baie mense vrees dat ’n kernoorlog of klimaatsverandering die aarde sal verderf of vernietig. Dink jy dit sal ooit gebeur? [Wag vir ’n antwoord.] Let op wat die Bybel oor hierdie onderwerp sê. [Lees Openbaring 11:18.] Hierdie tydskrif beantwoord vier algemene vrae oor die einde van die wêreld.”
Ontwaak! Augustus
“Jehovah se Getuies het waarskynlik al vantevore met jou gepraat. Het jy al ooit gewonder waarom ons van deur tot deur gaan, veral aangesien die meeste mense nie belangstel nie? [Wag vir ’n antwoord. Lees dan Matteus 24:14.] Ons vind dat baie mense wanopvattings oor ons het. Hierdie tydskrif verduidelik wie Jehovah se Getuies is.”