Is jou oog eenvoudig?
1. Wat beteken dit om ’n ‘eenvoudige oog’ te hê?
1 Dít waarop ons oë gefokus is, het ’n uitwerking op ons dade. Hoe gepas is Jesus se woorde tog: “As jou oog dan eenvoudig is, sal jou hele liggaam lig wees”! (Matt. 6:22). Wanneer ons oog geestelik “eenvoudig” is, is dit gefokus op ’n enkele doel—om God se wil te doen. Ons stel die Koninkryk eerste, en ons aandag word nie afgelei deur onnodige materiële dinge of bedrywighede wat op die bediening inbreuk maak nie.
2. Wat kan ons beskouing verdraai, maar wat sal ons help?
2 Selfondersoek is nodig: Ons beskouing kan verdraai word deur wat die advertensiemedia sê ons nodig het of deur wat ander het. Voordat ons met iets begin of iets koop wat baie tyd, geld of energie sal vereis, sal dit goed wees as ons “die koste bereken” deur ons af te vra: ‘Sal dit my diens aan Jehovah verbeter of dit bemoeilik?’ (Luk. 14:28; Fil. 1:9-11). Dit is ook verstandig om van tyd tot tyd te dink hoe ons ons lewe verder kan vereenvoudig sodat ons meer in die bediening kan doen.—2 Kor. 13:5; Ef. 5:10.
3. Wat leer ons by ’n suster wat aanpassings gemaak het om haar lewe te vereenvoudig?
3 Toe ’n suster gewone pionierdiens begin doen het, het sy besluit om haar voltydse werk te hou, al sou sy met deeltydse werk genoeg verdien het om in haar behoeftes te voorsien. Sy het uiteindelik tot die slotsom gekom: “Niemand kan twee here as slaaf dien nie. Ek moes afsien van wat ek wou hê, om voorsiening te maak vir wat ek nodig het. Ek het besef dat materiële dinge net oud word en dat ek my gedaan sou maak as ek dit probeer kry.” Haar omstandighede het dit vir haar moontlik gemaak om aanpassings te maak om haar lewe te vereenvoudig en om van werk te verander sodat sy in die pionierbediening kan bly.
4. Waarom is dit dringend dat ons nou ons oog eenvoudig hou?
4 Aangesien ons in dringende tye lewe, is dit selfs belangriker om ons oog eenvoudig te hou. Elke dag wat verbygaan, bring ons een dag nader aan die einde van hierdie stelsel van dinge en die begin van God se nuwe wêreld (1 Kor. 7:29, 31). As ons ons op die predikingswerk toespits, kan ons onsself red sowel as dié wat na ons luister.—1 Tim. 4:16.