Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/04 bl. 1
  • Hou jou oog eenvoudig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou jou oog eenvoudig
  • Ons Koninkryksbediening—2004
  • Soortgelyke materiaal
  • Is jou oog eenvoudig?
    Ons Koninkryksbediening—2010
  • Is jou oog “reg”?
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—1986
  • Wat beteken “oog vir oog”?
    Antwoorde op Bybelvrae
  • Wyse raad vir die oog
    Ontwaak!—2012
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2004
km 9/04 bl. 1

Hou jou oog eenvoudig

1. Wat beteken dit om ’n eenvoudige oog te hê, en waarom is dit belangrik?

1 Jesus het in sy Bergpredikasie die aandag gevestig op die besonder groot invloed wat die figuurlike, of geestelike, oog op ons hele lewenswandel kan uitoefen. Hy het gesê: “As jou oog dan eenvoudig is, sal jou hele liggaam lig wees; maar as jou oog goddeloos is, sal jou hele liggaam duister wees” (Matt. 6:22, 23). ’n Eenvoudige oog is op ’n bepaalde doel gerig—om God se wil te doen—en word nie deur oormatige bekommernis oor materiële dinge afgelei nie (Matt. 6:19-21, 24-33). Wat kan ons help om ons oog eenvoudig te hou?

2. Watter beskouing van materiële dinge moedig God se Woord aan?

2 Kweek tevredenheid aan: Dit is ’n skriftuurlike verpligting om in die behoeftes van jou gesin te voorsien (1 Tim. 5:8). Maar dit beteken nie dat ons altyd die beste en nuutste artikels moet hê nie (Spr. 27:20; 30:8, 9). Die Skrif spoor ons eerder aan om tevrede te wees met “voedsel, klere en onderdak”, dit wil sê die lewensbenodigdhede (1 Tim. 6:8; Heb. 13:5, 6). As ons hierdie raad toepas, kan dit ons help om ons oog reg ingestel te hou.

3. Wat kan ons help om selfopgelegde laste te vermy?

3 Dit is verstandig om ons nie te belas met onnodige skuld en besittings of strewes wat baie tyd en aandag in beslag neem nie (1 Tim. 6:9, 10). Hoe kan ons dit doen? As ons ’n sekere handelswyse oorweeg, moet ons dit ’n saak van gebed maak en eerlik wees wanneer ons probeer bepaal of dit op geestelike belange inbreuk sal maak. Wees vasbeslote om geestelike dinge eerste in jou lewe te stel.—Fil. 1:10; 4:6, 7.

4. Waarom moet ons ons lewenstyl probeer vereenvoudig?

4 Vereenvoudig jou lewenstyl: Nog iets wat ’n mens help om die aantrekkingskrag van materialisme te weerstaan, is om jou lewenstyl te probeer vereenvoudig. ’n Broer wat gevind het dat sy gesin goed sonder ekstra materiële dinge kon klaarkom, het gesê: “Ek kan nou soveel meer in die gemeente doen om my broers te dien. Ek is daarvan oortuig dat Jehovah al sy knegte seën wanneer hulle ware aanbidding voor persoonlike belange stel.” Kan jy groter seëninge geniet deur jou lewenstyl te vereenvoudig?

5. Waarom is volgehoue inspanning nodig om ons oog eenvoudig te hou?

5 Volgehoue inspanning is nodig om die invloed van Satan, sy materialistiese wêreld en ons eie onvolmaakte vlees te weerstaan. Ons moenie ons oë laat dwaal nie, maar ons moet dit eerder gerig hou op die doen van God se wil en op ons kosbare hoop om die ewige lewe te beërf.—Spr. 4:25; 2 Kor. 4:18.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel