Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 6/09 bl. 2
  • Wees goed voorbereid om te onderrig

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees goed voorbereid om te onderrig
  • Ons Koninkryksbediening—2009
  • Soortgelyke materiaal
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Bereik jou Bybelstudent se hart
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hoe om ’n tuisbybelstudie te hou
    Ons Koninkryksbediening—1993
  • Hou progressiewe Bybelstudies
    Ons Koninkryksbediening—2005
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2009
km 6/09 bl. 2

Wees goed voorbereid om te onderrig

1. Waarom moet ons ons daarop toespits om waardering op te bou wanneer ons ’n Bybelstudie hou?

1 Wanneer ons ’n Bybelstudie hou, moet ons goed voorbereid wees as ons die student wil beweeg om Jehovah te dien. Ons pogings sal vrugte afwerp as ons hom help om sy waardering vir Bybelwaarheid te vergroot. Dit sal die student tot optrede beweeg (Deut. 6:5; Spr. 4:23; 1 Kor. 9:26). Presies hoe kan ons dit doen?

2. Watter rol speel gebed in goeie voorbereiding?

2 Biddende voorbereiding: Aangesien dit Jehovah is wat die saadjies van waarheid in die student se hart laat groei, is dit gepas dat ons spesifiek vir die student en sy unieke behoeftes bid wanneer ons vir die studie begin voorberei (1 Kor. 3:6; Jak. 1:5). So ’n gebed sal ons ook kan help vasstel hoe ons hom verder kan help om sy hart te vul “met die juiste kennis” van Jehovah se wil.—Kol. 1:9, 10.

3. Hoe kan ons die student in gedagte hou terwyl ons voorberei?

3 Neem die student in ag: Jesus het geweet dat goeie onderrigting behels dat die toehoorders in ag geneem word. By ten minste twee geleenthede is Jesus dieselfde vraag gevra: “Wat moet ek doen om die ewige lewe te beërf?” By elke geleentheid het Jesus ’n ander benadering gebruik om die vraag te beantwoord (Luk. 10:25-28; 18:18-20). Ons moet die student in gedagte hou terwyl ons voorberei. Watter van die tekste waarna daar verwys word, sal ons saam met hom lees? Hoeveel materiaal sal ons probeer dek? Watter punte in die les sal die student dalk moeilik vind om te verstaan of te aanvaar? As ons vooraf dink aan party van die vrae wat kan opkom, sal ons beter daarop voorbereid wees om doeltreffende antwoorde te gee.

4. Wat behels goeie voorbereiding?

4 Hersien die materiaal: Al het ons in die verlede die materiaal verskeie kere bestudeer, sal dit die eerste keer wees dat ons die materiaal met die student studeer. As ons sy hart wil bereik, is dit noodsaaklik dat ons vir elke studie deeglik voorberei. Dit beteken dat ons self moet doen wat ons ons student aanmoedig om te doen. Hersien die materiaal, insluitende die teksverwysings, met die student in gedagte, en onderstreep dalk die sleutelgedagtes.—Rom. 2:21, 22.

5. Hoe kan ons Jehovah navolg?

5 Jehovah stel opreg belang in die vordering van elke Bybelstudent (2 Pet. 3:9). As ons die tyd neem om vir elke Bybelstudie voor te berei, toon ons dieselfde liefdevolle besorgdheid.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel