Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 9/05 bl. 3-6
  • Hou progressiewe Bybelstudies

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Hou progressiewe Bybelstudies
  • Ons Koninkryksbediening—2005
  • Onderhofies
  • Soortgelyke materiaal
  • Aanbevole publikasies
  • Hoe om voor te berei
  • Pas die les by die student aan
  • Onderrig uit God se Woord
  • Onderstreping en aantekeninge
  • Oorsig en hersiening
  • Bou sterk geloof
  • Bly by die onderwerp
  • Lê onderskeidingsvermoë aan die dag
  • Wees beskeie
  • Hoe om te begin bid
  • Wat gebede kan insluit
  • Gemeentelike vergaderinge
  • Gebruik video’s om waardering op te bou
  • Spoor hulle aan om te getuig
  • Lei hulle op om met ander te praat
  • Berei saam voor
  • Doen saam velddiens
  • Berei voor om terug te gaan
  • Doen opvolgwerk pligsgetrou
  • Bied ’n Bybelstudie aan
  • Lei studente op om onderrigters te wees
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel een
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Help jou Bybelstudente om gedoopte dissipels te word
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan(Studie-uitgawe) — 2021
  • Hoe om ’n Bybelstudie te hou wat tot doop lei – Deel twee
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan (Studie-uitgawe) – 2020
  • Wees goed voorbereid om te onderrig
    Ons Koninkryksbediening—2009
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2005
km 9/05 bl. 3-6

Bêre

Hou progressiewe Bybelstudies

Hierdie byvoegsel is ’n samevatting van die sleutelgedagtes uit die reeks artikels oor hoe om progressiewe Bybelstudies te hou, wat in Ons Koninkryksbediening verskyn het. Almal word aangespoor om hierdie byvoegsel te bêre en om dit te raadpleeg wanneer hulle Bybelstudies hou. Gedagtes uit hierdie byvoegsel kan ook tydens velddiensvergaderinge beklemtoon word, en diensopsieners kan dit gebruik as die grondslag vir die toesprake wat hulle hou wanneer hulle boekstudiegroepe besoek.

Deel 1: Wat is ’n Bybelstudie?

As jy gereelde en stelselmatige Bybelbesprekings hou, al is dit kort, en jy die Bybel of een van die aanbevole publikasies daarmee saam gebruik, hou jy ’n Bybelstudie. Die studie kan gerapporteer word as dit twee keer gehou is nadat die studiereëling gedemonstreer is en as daar rede is om te glo dat die studie sal voortgaan.—km-AF 7/04 bl. 1.

Aanbevole publikasies

◼ Wat vereis God van ons?

◼ Kennis wat tot die ewige lewe lei

◼ Aanbid die enigste ware God

◼ Jy kán God se vriend wees! kan gebruik word om met mense te studeer wat min skoolopleiding gehad het of nie goed kan lees nie.

Deel 2: Voorbereiding om die studie te hou

Ons moet die inligting oordra op ’n manier wat die student se hart raak. Dit verg deeglike voorbereiding met die student in gedagte.—km-AF 8/04 bl. 1.

Hoe om voor te berei

◼ Kyk na die titel, onderhofies en visuele hulpmiddele van die hoofstuk of les.

◼ Vind die antwoorde op die gedrukte vrae en merk net die sleutelwoorde en -frases.

◼ Besluit watter teksverwysings gedurende die studie gelees moet word. Maak kort aantekeninge in die kantruimte van die studiepublikasie.

◼ Berei ’n kort hersiening van die hoofgedagtes voor.

Pas die les by die student aan

◼ Bid oor die student en sy behoeftes.

◼ Dink vooruit watter punte dalk vir die student moeilik sal wees om te verstaan of te aanvaar.

◼ Vra jou af: Wat moet hy verstaan of waaraan moet hy aandag gee om geestelike vooruitgang te maak? Hoe kan ek sy hart bereik?

◼ Soms is dit nodig om ’n illustrasie, ’n verduideliking of ’n reeks vrae voor te berei om die student te help om die betekenis van ’n punt of ’n teks te snap.

Deel 3: Doeltreffende gebruik van die Skrif

Ons doel wanneer ons Bybelstudies hou, is om ‘dissipels te maak’ deur mense te help om die leringe van God se Woord te verstaan, aan te neem en in hulle lewe toe te pas (Matt. 28:19, 20; 1 Tess. 2:13). Die Skrif moet dus die middelpunt van die studie vorm.—km-AF 11/04 bl. 4.

Onderrig uit God se Woord

◼ Wys die student hoe om spesifieke tekste in sy Bybel te vind.

◼ Slaan Bybeltekste na wat die skriftuurlike grondslag vir ons opvattings toon en bespreek dit.

◼ Gebruik vrae. Laat die student eerder die Bybeltekste aan jou verduidelik as dat jy dit aan hom verduidelik.

◼ Hou dit eenvoudig. Moenie elke aspek van ’n teks probeer verduidelik nie. Sluit net in wat nodig is om die punt duidelik te stel.

◼ Gee ’n praktiese toepassing. Help die student om te sien hoe Bybeltekste op hom van toepassing is.

Deel 4: Lei studente op om voor te berei

’n Student wat die les vooraf lees, die antwoorde onderstreep en nadink oor hoe hy dit in sy eie woorde kan stel, maak vinnig geestelike vooruitgang. Sodra ’n gereelde studie gehou word, moet jy dus ’n les saam met die student voorberei om vir hom te wys hoe om dit te doen. Met die meeste studente sal dit nuttig wees om ’n hele hoofstuk of les saam voor te berei.—km-AF 12/04 bl. 1.

Onderstreping en aantekeninge

◼ Verduidelik hoe om direkte antwoorde op die gedrukte vrae te kry.

◼ Wys vir die student jou eksemplaar van die studiepublikasie waarin jy net die sleutelwoorde of -frases onderstreep het.

◼ Help die student om te sien dat elke teksverwysing ’n punt in die paragraaf staaf, en wys vir hom hoe om kort aantekeninge in die kantruimte van sy studiepublikasie te maak.

Oorsig en hersiening

◼ Wys vir die student hoe om na die titel van die hoofstuk of les, onderhofies en prente te kyk voordat hy in besonderhede begin voorberei.

◼ Spoor die student aan om aan die einde van die voorbereidingsessie die hoofgedagtes te hersien.

Deel 5: Hoeveel materiaal gedek moet word

Die hoeveelheid materiaal wat bespreek kan word, sal afhang van die vermoë en die omstandighede van die onderrigter sowel as die student.—km-AF 1/05 bl. 1.

Bou sterk geloof

◼ Moenie so vinnig deur die materiaal gaan dat die student God se Woord nie duidelik verstaan nie.

◼ Bestee die nodige tyd daaraan om die student te help om dit wat hy leer, te verstaan en aan te neem.

◼ Laat genoeg tyd toe vir ’n bespreking van die sleuteltekste waarop die leringe gegrond is.

Bly by die onderwerp

◼ As die student geneig is om baie oor persoonlike sake te gesels, moet jy dalk reël om dit ná die studie te bespreek.

◼ Moenie gedurende die studie te veel praat nie. Moenie soveel bykomende gedagtes en ondervindinge bespreek dat dit die student daarvan weerhou om juiste kennis van basiese Bybelleerstellings op te doen nie.

Deel 6: Wanneer ’n student ’n vraag vra

Wanneer ’n Bybelstudie goed op dreef is, is dit gewoonlik raadsaam om Bybelleringe stelselmatig te dek eerder as om van onderwerp tot onderwerp te spring. Dit help die student om ’n grondslag van juiste kennis te lê en om geestelike vooruitgang te maak.—km-AF 2/05 bl. 8.

Lê onderskeidingsvermoë aan die dag

◼ Vrae in verband met die studiemateriaal kan gewoonlik onmiddellik beantwoord word.

◼ Vrae wat nie met die studiemateriaal verband hou nie of wat navorsing verg, kan by ’n ander geleentheid bespreek word. Dit kan nuttig wees om sulke vrae neer te skryf.

◼ As die student dit moeilik vind om ’n sekere lering te aanvaar, kan jy bykomende materiaal bespreek wat die onderwerp goed verduidelik.

◼ As die student nog steeds nie oortuig is nie, kan jy die onderwerp tot later laat oorstaan en met die studie voortgaan.

Wees beskeie

◼ As jy nie die antwoord op ’n vraag ken nie, moet jy nie jou eie opinie gee nie.

◼ Leer die student progressief hoe om navorsing te doen.

Deel 7: Gebed by die studie

Jehovah se seën is noodsaaklik vir Bybelstudente om geestelike vooruitgang te maak. Dit is dus gepas dat ’n gevestigde studie met gebed geopen en afgesluit word.—km-AF 3/05 bl. 4.

Hoe om te begin bid

◼ By mense wat godsdienstig is, kan ons dikwels van die heel eerste studie af bid.

◼ By ander moet ons onderskei wanneer dit die regte tyd is om by die studie te begin bid.

◼ Psalm 25:4, 5 en 1 Johannes 5:14 kan gebruik word om te verduidelik waarom ons bid.

◼ Johannes 15:16 kan gebruik word om te toon dat ons tot Jehovah moet bid deur Jesus Christus.

Wat gebede kan insluit

◼ Dit is gepas dat ons Jehovah as die Bron van onderrigting loof.

◼ Sluit gedagtes in wat toon dat ons opreg in die student belangstel.

◼ Spreek waardering uit vir die organisasie wat Jehovah gebruik.

◼ Vra Jehovah se seën op die student se pogings om toe te pas wat hy leer.

Deel 8: Rig studente na die organisasie

Wanneer ons Bybelstudies hou, is ons doel nie net om studente leerstellige inligting te leer nie, maar ook om hulle te help om ’n deel van die Christengemeente te word. Sit elke week tydens die studie ’n paar minute opsy om ’n gedagte oor Jehovah se organisasie te bespreek.—km-AF 4/05 bl. 8.

Gemeentelike vergaderinge

◼ Beskryf elke gemeentelike vergadering. Nooi hulle van die eerste studie af om die vergaderinge by te woon.

◼ Vertel hulle van interessante gedagtes wat by die vergaderinge gemeld is.

◼ Wek geesdrif vir die Gedenkmaal, byeenkomste en kringbesoek.

◼ Gebruik foto’s in ons publikasies om hulle te help om hulle voor te stel wat daar gebeur.

◼ Spoor hulle aan om die brosjure Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? te lees.

Gebruik video’s om waardering op te bou

◼ Jehovah’s Witnesses—The Organization Behind the Name

◼ Our Whole Association of Brothers

◼ United by Divine Teaching

◼ To the Ends of the Earth

Deel 9: Berei studente voor om informeel te getuig

Wanneer Bybelstudente geloof begin beoefen in wat hulle leer, word hulle beweeg om daaroor te praat.—km-AF 5/05 bl. 1.

Spoor hulle aan om te getuig

◼ Is daar vriende en familielede wat hulle kan nooi om die studie by te woon?

◼ Het enige van hulle werksmaats, skoolmaats of ander kennisse belangstelling getoon?

Lei hulle op om met ander te praat

◼ Vra die student op sekere plekke tydens die studie: “Hoe sal jy die Bybel gebruik om hierdie waarheid aan jou gesin te verduidelik?”

◼ Help die student besef dat dit belangrik is om beleefd en vriendelik te wees wanneer hy met ander oor God en sy voornemens praat.

◼ Studente kan die brosjure Jehovah se Getuies—Wie is hulle? Wat glo hulle? gebruik om vriende en familielede te help om ons Bybelse oortuigings en bedrywighede te verstaan.

Deel 10: Lei studente op in die huis-tot-huis-bediening

Wanneer die ouer manne bepaal dat ’n Bybelstudent aan die vereistes voldoen om ’n ongedoopte verkondiger te wees, kan hy saam met die gemeente aan die openbare predikingswerk begin deelneem.—km-AF 6/05 bl. 1.

Berei saam voor

◼ Wys die nuwe verkondiger waar hy voorgestelde aanbiedings kan kry.

◼ Help hom om ’n eenvoudige inleiding te kies wat vir julle gebied prakties is.

◼ Spoor hom aan om die Bybel in sy bediening te gebruik.

◼ Oefen saam. Wys hom hoe om taktvol te antwoord op reaksies wat algemeen in die gebied is.

Doen saam velddiens

◼ Laat die student kyk hoe jy die aanbieding doen wat julle saam voorberei het.

◼ Neem die persoonlikheid en vermoëns van die student in ag. In party gevalle is dit dalk die beste om hom net ’n deel van die aanbieding te laat doen.

◼ Help die nuwe verkondiger om volgens ’n vaste rooster aan die bediening deel te neem.

Deel 11: Help studente om herbesoeke te doen

Voorbereiding vir die herbesoek begin tydens die eerste besoek. Moedig die student aan om opregte belangstelling te toon in diegene met wie hy praat. Lei hom progressief op om huisbewoners te kry om hulle gedagtes uit te spreek, na hulle kommentare te luister en te let op die dinge waaroor hulle besorg is.—km-AF 7/05 bl. 1.

Berei voor om terug te gaan

◼ Hersien die eerste besoek en help die student om ’n onderwerp te kies wat by die huisbewoner byval sal vind.

◼ Berei ’n kort aanbieding voor wat die aandag vestig op een Bybelteks en ’n paragraaf in ’n publikasie.

◼ Berei ’n vraag voor wat aan die einde van die bespreking gevra kan word.

Doen opvolgwerk pligsgetrou

◼ Spoor die student aan om so gou as moontlik na mense toe terug te gaan wat belangstelling getoon het.

◼ Help die student om te besef dat dit volharding verg om mense tuis te vind.

◼ Wys die nuwe verkondiger hoe om afsprake te maak, en help hom om die belangrikheid daarvan te besef om terug te gaan soos hy belowe het.

Deel 12: Help studente om Bybelstudies te begin en te hou

Dit is noodsaaklik dat jy Jesus navolg deur ’n goeie voorbeeld in jou bediening te stel. Wanneer jou student jou voorbeeld in die bediening sien, sal hy besef dat die doel van herbesoeke is om Bybelstudies te begin.—km-AF 8/05 bl. 1.

Bied ’n Bybelstudie aan

◼ Verduidelik aan die student dat dit gewoonlik nie nodig is om die studiereëling in besonderhede te beskryf nie.

◼ Dit is dikwels die beste om bloot die studie te demonstreer deur een of dalk twee paragrawe in ’n studiepublikasie te gebruik.

◼ Hersien en oefen een van die voorgestelde aanbiedings om Bybelstudies te begin.—km-AF 8/05 bl. 8; km-AF 1/02 bl. 6.

Lei studente op om onderrigters te wees

◼ Spoor studente aan om by die Teokratiese Bedieningskool aan te sluit.

◼ Reël dat nuwe verkondigers saam na ander Bybelstudies gaan waar hulle ’n klein aandeel aan die onderrigting kan hê.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel