Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 14 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Moedig almal aan om die spesiale Tydskrifdag hierdie Saterdag, 19 April, ten volle te ondersteun. Kondig reëling vir tydskrifgetuieniswerk aan. Gebruik die wenke op bladsy 8 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 April en die Ontwaak! van April aangebied kan word.
15 min: “Toon dat julle dankbaar is.”a Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
20 min: “Vertroos dié wat treur.”b Nooi die gehoor om uitsonderlike ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle iemand vertroos het wat ’n geliefde aan die dood afgestaan het.
Week wat begin met 21 April
10 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner gehoor om volgende week Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van Mei na die Diensvergadering saam te bring en om voorbereid te wees om gepaste aanbiedings vir die plaaslike gebied te bespreek.
10 min: Plaaslike behoeftes.
25 min: Ons bring goeie nuus van iets beters. Ná ’n inleiding van minder as ’n minuut moet ’n ouer man ’n toespraak hou wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 Julie 2005, bladsye 18-19, paragrawe 10-14. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer oor hoe die Koninkryksboodskap vertroosting en hoop aan hulle gebied het toe hulle dit die eerste keer gehoor het.
Week wat begin met 28 April
15 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir April in te gee. Gee ’n kort oorsig van Die Wagtoring van 1 Mei en die Ontwaak! van Mei en vra die gehoor dan watter artikels die meeste byval sal vind by mense in die gebied en waarom. Nooi die gehoor om te sê watter artikels hulle beplan om te gebruik en hoe hulle dit sal aanbied. Watter vraag kan gevra word om ’n gesprek aan te knoop? Watter teks in die artikel kan dan gelees word? Hoe kan die teks toegepas word? Gebruik ’n aanbieding wat deur die gehoor voorgestel is, of voorgestelde aanbiedings in Ons Koninkryksbediening om te demonstreer hoe elke tydskrif aangebied kan word.
10 min: Vraebus. Gehoorbespreking.
20 min: “Volg sy voetstappe noukeurig.”c Nooi die gehoor om na gelang van die tyd kommentaar te lewer oor die teksverwysings.
Week wat begin met 5 Mei
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Vestig die aandag op die lys publikasies op bladsy 4 vir mense met ’n nie-Christelike agtergrond wat dalk spesifieke behoeftes het. Verkondigers moet hierdie items by die lektuurtoonbank aanvra.
15 min: Jehovah sal jou hoegenaamd nie verlaat nie. Aanmoedigende toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Oktober 2005, bladsye 8-11.
20 min: “Wees ’n progressiewe bedienaar.”d Wanneer paragraaf 3 bespreek word, sluit kommentare in oor die Bedieningskool-boek, bladsye 6-8, onder die onderhofie “Hoe om ten volle baat te vind”.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
d Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.