Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/08 bl. 1
  • Wees ’n progressiewe bedienaar

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Wees ’n progressiewe bedienaar
  • Ons Koninkryksbediening—2008
  • Soortgelyke materiaal
  • Behou jou ywer vir die bediening
    Die Wagtoring kondig Jehovah se Koninkryk aan—2015
  • Laat ons vooruitgang duidelik wees
    Ons Koninkryksbediening—1985
  • Help ander om god se woord bekwaam te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—1990
  • Hoe om nuwelinge op te lei om te preek
    Ons Koninkryksbediening—2010
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2008
km 4/08 bl. 1

Wees ’n progressiewe bedienaar

1 Ons hemelse Vader is bly wanneer sy knegte geestelike vooruitgang maak. Dit sluit in dat ons vordering maak as ryp en bekwame bedienaars van die goeie nuus. Paulus het die opsiener Timoteus aangemoedig om hom voortdurend in te span sodat sy vooruitgang duidelik sou wees (1 Tim. 4:13-15). Ons moet almal daarna streef om die gehalte van ons bediening te verbeter, selfs dié van ons wat ervare verkondigers is.

2 Stel persoonlike doelwitte: As ons vooruitgang wil maak, vereis dit dat ons persoonlike doelwitte stel. Wat is ’n paar van die doelwitte wat ons vir onsself kan stel? Ons kan probeer om meer bedrewe te word in die gebruik van ons geestelike swaard, die Bybel (Ef. 6:17). Dalk is daar ’n aspek van die bediening waarin ons kan verbeter, soos straatgetuieniswerk, telefoongetuieniswerk of om in sakegebied te getuig. Dalk kan ons daaraan werk om doeltreffender herbesoeke te doen. Nog ’n uitstekende doelwit kan wees om ons vermoë te verbeter om Bybelstudies te begin en te hou.

3 Voorsienings: Gemeentelike vergaderinge, veral die Teokratiese Bedieningskool en Diensvergadering, is saamgestel om ons te help om as bedienaars te groei. Hoe meer ons ons inspan om vir hierdie vergaderinge voor te berei, dit by te woon en die wenke wat gegee word, toe te pas, hoe groter sal die voordele wees wat ons ongetwyfeld sal ontvang.—2 Kor. 9:6.

4 Ons moet mekaar ook help om vooruitgang te maak (Spr. 27:17). As ons aandagtig luister na die aanbiedings van diegene saam met wie ons in die bediening werk, sal dit ons help om te verbeter. Daarbenewens kan ons boekstudieopsiener reël dat ons persoonlike hulp ontvang. Wat ’n seën is dit tog om ’n ervare pionier of ander verkondiger te hê wat ons help om meer produktief te wees en groter vreugde uit die bediening te put! Is daar ’n nuwe verkondiger in ons boekstudiegroep? Dalk kan ons die inisiatief neem om hom te nooi om saam met ons te werk.

5 Die belangrikste werk wat vandag gedoen word, is die Christelike bediening. Terwyl ons ons “lofoffer” aan Jehovah bring, wil ons hom ons beste gee (Heb. 13:15). As ons daarna streef om progressief in die bediening te wees, sal ons werkers wees wat ons “oor niks hoef te skaam nie, wat die woord van die waarheid reg hanteer”.—2 Tim. 2:15.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel