Teokratiese nuus
◼ Ons is bly om te sê dat die ontoegekendegebied-kampanje vir 2007 die beste nog vir ons veld was. Daar was ’n goeie toename in alle aspekte van die bediening. Jehovah het die pogings geseën van die 14 429 verkondigers in 384 gemeentes in Botswana, Lesotho, Namibië, Suid-Afrika en Swaziland wat aan die kampanje deelgeneem het. Danksy hulle bedrywighede is 15 978 boeke, 65 450 brosjures en 100 463 tydskrifte by belangstellendes gelaat. Hulle het 128 821 uur in die bediening deurgebring en 12 279 herbesoeke gedoen. Dit was veral bemoedigend om te sien dat altesaam 1 975 Bybelstudies gehou is, 21% meer as in 2006. Ons sien grootliks uit na die ontoegekendegebied-kampanje vir 2008.