Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/06 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 13 November
  • Week wat begin met 20 November
  • Week wat begin met 27 November
  • Week wat begin met 4 Desember
Ons Koninkryksbediening—2006
km 11/06 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Let wel: Ons Koninkryksbediening sal ’n Diensvergaderingprogram vir elke week gedurende die streekbyeenkomsmaande bevat. Gemeentes kan die nodige aanpassings maak sodat hulle die “Verlossing is op hande!”-streekbyeenkoms kan bywoon. Waar gepas kan julle 15 minute van die laaste Diensvergadering voor die streekbyeenkoms gebruik om raad en herinneringe wat plaaslik van toepassing is, te herhaal. (Sien die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir September 2006.) ’n Maand of twee ná julle streekbyeenkoms moet 15 tot 20 minute op ’n Diensvergaderingprogram (dalk ’n deel vir plaaslike behoeftes) opsygesit word om byeenkomshoogtepunte te hersien. Dit moenie ’n hersiening van die hele streekbyeenkomsprogram wees nie. Vestig eerder die aandag slegs op die dele wat regstreeks op die veldbediening van toepassing is. Nooi die gehoor om te vertel hoe hulle daardie inligting in hulle bediening toepas.

Week wat begin met 13 November

Lied 152

10 min: Plaaslike aankondigings. Gebruik die wenke op bladsy 4 of ander aanbiedings wat vir julle gebied gepas is, om te demonstreer hoe om Die Wagtoring van 15 November en die Ontwaak! van November aan te bied. Toon in een van die demonstrasies hoe om die potensiële gesprekdemper “Ek is reeds goed vertroud met julle werk” te oorkom.—Sien Redenering-boek, bl. 20.

20 min: Bedienaars van die goeie nuus. Toespraak en gehoorbespreking wat gebaseer is op Georganiseer om Jehovah se wil te doen, bladsy 77 tot by die onderhofie op bladsy 83.

15 min: “Moedig maar vreedsaam.”a Sluit kommentare in uit die Bedieningskool-boek, bladsye 252-3, onder die skuinsgedrukte onderhofie “Wanneer om toe te gee”.

Lied 39 en slotgebed.

Week wat begin met 20 November

Lied 132

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Prys almal wat aan die ontoegekendegebied-kampanje deelgeneem het. Doen verslag oor wat bereik is en vertel enige bemoedigende ondervindinge.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: Bied die Grootste mens-boek in Desember aan. Gehoorbespreking. Vra die gehoor waarom hulle van die Grootste mens-boek hou en om goeie ondervindinge te vertel wat hulle gehad het toe hulle dit in die verlede aangebied het. Hersien die voorgestelde aanbiedings in die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Januarie 2005. Demonstreer hoe om die boek aan te bied met behulp van een van die voorgestelde aanbiedings of ’n ander aanbieding wat in die plaaslike gebied doeltreffend sal wees.

Lied 203 en slotgebed.

Week wat begin met 27 November

Lied 111

5 min: Plaaslike aankondigings. Lees rekeningverslag en erkenning van bydraes. Herinner verkondigers om hulle velddiensrapporte vir November in te gee.

10 min: Verenigde bouwerk tot eer van God. Toespraak deur ’n ouer man wat gebaseer is op Die Wagtoring van 1 November 2006, bladsye 17-21.

15 min: “Hoe om ’n tydskrifaanbieding voor te berei.”b Sluit ’n demonstrasie van drie minute in waarin twee verkondigers, miskien ’n man en sy vrou, ’n voorgestelde aanbieding op bladsy 4 vir die tydskrifte vir Desember kies en besluit hoe hulle dit gaan gebruik en in hulle eie woorde gaan stel. Hulle gebruik dan die wenke in die artikel wat so pas bespreek is, en berei ’n aanbieding vir ’n ander artikel voor wat hulle gevind het tydig vir hulle gebied is, en demonstreer dit dan.

15 min: Die verkondiging van die woord bring verkwikking mee. Toespraak en gehoorbespreking wat op Die Wagtoring van 15 Januarie 2002, bladsye 8-9, gebaseer is. Nooi die gehoor om te vertel hoe die bediening hulle verkwik. Een of twee kommentare kan vooraf gereël word.

Lied 120 en slotgebed.

Week wat begin met 4 Desember

Lied 155

10 min: Plaaslike aankondigings.

15 min: “Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!”c Spoor die gemeente aan om goed gebruik te maak van die spesiale kenmerke van die boek, soos die vensters en prente. Aan die einde van elke studie moet die les uit die Bybel hersien word.

20 min: Gebruik die Bybel wanneer jy antwoord. Gehoorbespreking wat gebaseer is op Die Wagtoring van 15 Augustus 2002, bladsye 17-18, onder die tussenhofie “Liefde vir die waarhede wat ons ander leer”. Nooi die gehoor om kommentaar te lewer op elke vraag. Demonstreer hoe ’n verkondiger die Redenering-boek gebruik om ’n skriftuurlike antwoord aan ’n werksmaat te gee wat vra: “Waarom vier julle nie Kersfees nie?”

Lied 168 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel