Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/06 bl. 2-3
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 11/06 bl. 2-3

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het. Januarie: Enige ouer boek wat die gemeente in voorraad het, insluitende die Kennis-boek. As julle nie daarvan in voorraad het nie, kan julle gerus by nabygeleë gemeentes uitvind of hulle ’n groot voorraad ouer publikasies het wat julle kan gebruik. Gemeentes wat nie ouer boeke het nie, kan die Hou aan waak!-brosjure aanbied. Februarie: Kom nader aan Jehovah.

◼ Die presiderende opsiener of iemand wat deur hom aangestel is, moet die gemeente se rekeninge op 1 Desember of so gou moontlik daarna ouditeer. As daar ’n afsonderlike bankrekening vir instandhouding, bouwerk of iets soortgelyks is, moet daar gereël word dat hierdie rekening ook geouditeer word. Wanneer die oudit(s) gedoen is, moet dit in die gemeente aangekondig word wanneer die volgende rekeningverslag gelees word. Gemeentes wat aansoek gedoen het om as ’n Openbare Weldaadsorganisasie (OWO) te registreer, moet asseblief die gemeente se rekeninge vir September, Oktober en November na die takkantoor stuur nadat die oudit gedoen is. Merk dit vir die aandag van die Rekeningafdeling.

◼ Presiderende opsiener: Maak asseblief seker dat die Unassigned Territory Assignment-verslag (S-91) ingevul word en saam met die gebiedskaart na die takkantoor teruggestuur word. Dit moet voor 17 November 2006 gedoen word. Sluit ook interessante ondervindinge in. Die regte posgeld vir die groot koevert moet betaal word.

◼ Nuwe DVD’s beskikbaar:

Noah Walked With God—David Trusted in God—Amerikaanse Gebaretaal

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel