Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 11/06 bl. 1
  • Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!
  • Ons Koninkryksbediening—2006
  • Soortgelyke materiaal
  • Ons gaan weer die Openbaring-boek bestudeer
    Ons Koninkryksbediening—1994
  • Bied die Goeie Nuus Aan—Met die nuwe boek
    Ons Koninkryksbediening—1989
  • Openbaring—Geheime word ontsluit
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Verkondig ‘die woorde van die profesie’
    Ons Koninkryksbediening—1995
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—2006
km 11/06 bl. 1

Openbaring—Sy groot klimaks is op hande!

1 “Gelukkig is hy wat die woorde van hierdie profesie hardop lees en dié wat dit hoor en wat die dinge onderhou wat daarin geskrywe staan; want die vasgestelde tyd is naby” (Op. 1:3). Hierdie woorde beklemtoon die waarde van die boek Openbaring, veral omdat ons in die vasgestelde tyd lewe vir die vervulling van baie van sy profesieë. Dit is dus gepas dat ons die boek Openbaring—Sy groot klimaks is op hande! die week van 8 Januarie 2007 by die Gemeentelike Boekstudie sal begin bestudeer.

2 Die wêreldtoneel het in baie opsigte verander vandat ons die Openbaring-boek by die Gemeentelike Boekstudie laas bestudeer het (1 Kor. 7:31). Daarbenewens het baie wat aangesluit het by die geledere van dié wat die goeie nuus van die Koninkryk verkondig, nog nooit baat gevind by ’n vers-vir-vers-bespreking van die boek Openbaring nie. Die studie van die Openbaring-boek behoort ons almal te help om wakker te bly met betrekking tot wat voorlê.—Op. 16:15.

3 Stel jou dit ten doel om elke week teenwoordig te wees. Die materiaal sal ons nie net help om aan te hou waak nie, maar die boodskappe van Jesus aan die sewe gemeentes sal ons ook help om situasies en omstandighede te vermy wat ’n nadelige uitwerking op ons geestelikheid en deelname aan die bediening kan hê.—Op. 1:11, 19.

4 Berei goed voor: Lees voor elke boekstudie die verse in die boek Openbaring wat ondersoek gaan word. Let op die skriftuurlike redenasies wat die verse verduidelik. Probeer om dit te verstaan sodat dit die hart bereik (Neh. 8:8, 12). Neem tyd om daaroor te peins en jou af te vra: ‘Wat leer dit my omtrent Jehovah en die verwesenliking van sy voorneme? Hoe kan ek in ooreenstemming met sy voorneme optree en ander help?’

5 Twee-en-negentig jaar het verbygegaan sedert die begin van “die dag van die Here” in 1914 (Op. 1:10). Aardskuddende gebeure wat in die boek Openbaring voorspel is, staan voor die deur. Die studie van die Openbaring-boek sal ons hart en verstand verkwik en ons geloof versterk dat “die oorlog van die groot dag van God die Almagtige” en die nuwe wêreld naby is.—Op. 16:14; 21:4, 5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel