Rooster Vir Teokratiese Bedieningskool Vir 2007
INSTRUKSIES
Gedurende 2007 sal die Teokratiese Bedieningskool soos volg gehou word.
BRONNEMATERIAAL: Nuwe Wêreld-vertaling van die Heilige Skrif [bi12-AF], Die Wagtoring [w-AF], Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool [be-AF], “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig” [si-AF] en Redenering uit die Skrif (1989-uitgawe) [rs-AF].
Die skool moet OP TYD begin met ’n lied, gebed en verwelkoming en moet dan verloop soos hieronder uiteengesit word. Ná elke deel moet die skoolopsiener die volgende deel inlei.
SPRAAKHOEDANIGHEID: 5 minute. Die skoolopsiener, die bykomende raadgewer of ’n ander bekwame ouer man sal ’n spraakhoedanigheid uit die Bedieningskool-handboek bespreek. (In gemeentes met te min ouer manne kan bekwame bedieningsknegte gebruik word.)
TOESPRAAK NR. 1: 10 minute. Dit moet deur ’n bekwame ouer man of bedieningskneg behartig word, en dit sal gebaseer wees op Die Wagtoring, Vind baat by opleiding in die Teokratiese Bedieningskool of “Die hele Skrif is deur God geïnspireer en is nuttig”. Dit moet as ’n instruksietoespraak van tien minute aangebied word. Die doel moenie net wees om die materiaal te dek nie, maar om die aandag op die praktiese waarde van die betrokke inligting te vestig en dié gedagtes te beklemtoon wat vir die gemeente van die grootste nut sal wees. Die gegewe tema moet gebruik word. Daar word verwag dat die broers wat hierdie toespraak hou, streng by die tydreëling bly. Private raad kan gegee word indien dit nodig is.
GLANSPUNTE UIT DIE BYBELLEESGEDEELTE: 10 minute. ’n Bekwame ouer man of bedieningskneg moet die eerste vyf minute gebruik om die materiaal op plaaslike behoeftes toe te pas. Hy kan op enige deel van die toegewese Bybelleesgedeelte vir die week kommentaar lewer. Dit moenie net ’n opsomming van die toegewese leesgedeelte wees nie. Die hoofdoel is om die gehoor te help besef waarom en hoe die inligting nuttig is. Die spreker moet daarop let dat hy nie meer as die toegewese vyf minute vir die eerste gedeelte moet gebruik nie. Hy moet seker maak dat vyf minute vir gehoordeelname opsygesit word. Die gehoor moet genooi word om kort kommentare (30 sekondes of minder) te lewer oor wat hulle in die Bybelleesgedeelte interessant en nuttig gevind het. Die skoolopsiener sal die studente daarna vra om na hulle toegewese klasse te gaan.
TOESPRAAK NR. 2: 4 minute of minder. Dit is ’n voorlesing wat deur ’n broer behartig moet word. Die student moet die toegewese materiaal lees sonder enige inleidende of slotopmerkings. Die skoolopsiener sal veral daarin belangstel om studente te help om met begrip, vlotheid, regte beklemtoning, modulasie, gepaste pousering en natuurlikheid te lees.
TOESPRAAK NR. 3: 5 minute. Dit sal aan ’n suster toegewys word. Studente wat hierdie toewysing ontvang, sal ’n agtergrond gegee word of kan een uit die lys op bladsy 82 van die Bedieningskool-handboek kies. Die student moet die gegewe tema gebruik en dit toepas op ’n aspek van velddiens wat in die plaaslike gemeente se gebied realisties en prakties is. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing in ons publikasies te doen. Nuwer studente moet toesprake gegee word waarvoor die bronnemateriaal aangegee is. Die skoolopsiener sal veral belangstel in die manier waarop die student die materiaal ontwikkel en die huisbewoner help om oor die Skrif te redeneer en die sleutelgedagtes van die aanbieding te verstaan. Die skoolopsiener sal een assistent toewys.
TOESPRAAK NR. 4: 5 minute. Die student moet die gegewe tema ontwikkel. Wanneer geen bronnemateriaal aangegee word nie, moet die student self materiaal vir hierdie deel vind deur navorsing in ons publikasies te doen. As ’n broer hierdie deel behartig, moet hy dit as ’n toespraak met die Koninkryksaalgehoor in gedagte aanbied. Wanneer ’n suster hierdie deel behartig, moet dit altyd aangebied word soos onder Toespraak nr. 3 uiteengesit is. Die skoolopsiener kan Toespraak nr. 4 aan ’n broer toewys wanneer hy dit ook al raadsaam vind. Let asseblief daarop dat temas wat met ’n sterretjie gemerk is, altyd aan broers toegewys moet word, wat dit as ’n toespraak moet hou.
RAAD: 1 minuut. Die skoolopsiener sal nie vooraf sê aan watter spraakhoedanigheid ’n student werk nie. Ná Toesprake nr. 2, 3 en 4 sal die skoolopsiener positiewe kommentaar lewer oor ’n prysenswaardige aspek van die toespraak. Sy doel is nie net om “wel gedaan” te sê nie, maar eerder om die aandag te vestig op spesifieke redes waarom daardie aspek van die aanbieding doeltreffend was. Na gelang van die behoefte van elke student kan bykomende opbouende raad ná die vergadering of by ’n ander geleentheid aan die student persoonlik gegee word.
TYDREËLING: Geen toespraak moet die tydgrens oorskry nie, ook nie die raadgewer se opmerkings nie. Toesprake nr. 2 tot 4 moet taktvol onderbreek word wanneer die tyd verstreke is. As broers wat die eerste toespraak oor ’n spraakhoedanigheid, Toespraak nr. 1 of die glanspunte uit die Bybelleesgedeelte behartig, die tydgrens oorskry, moet hulle private raad gegee word. Almal moet hulle tyd goed dophou. Die hele program, sonder lied en gebed, duur 45 minute.
RAADGEWINGSVORM: In handboek.
BYKOMENDE RAADGEWER: Die liggaam van ouer manne kan ’n bekwame ouer man kies, as daar buiten die skoolopsiener een beskikbaar is, om ’n bykomende raadgewer te wees. As daar baie ouer manne in die gemeente is, kan ’n ander bekwame ouer man elke jaar na hierdie toewysing omsien. Die bykomende raadgewer se verantwoordelikheid sal wees om, indien nodig, private raad te gee aan broers wat Toespraak nr. 1 en die Bybelglanspunte behartig. Hy hoef nie raad te gee ná elkeen van hierdie toesprake wat deur mede- ouer manne of bedieningsknegte gehou word nie.
MONDELINGE HERSIENING: 30 minute. Elke twee maande sal die skoolopsiener ’n mondelinge hersiening hou. Dit sal voorafgegaan word deur die bespreking van ’n spraakhoedanigheid en glanspunte uit die Bybelleesgedeelte soos hierbo uiteengesit word. Die mondelinge hersiening sal gebaseer wees op materiaal wat gedurende die vorige twee maande, insluitende die huidige week, in die skool bespreek is. As julle gemeente gedurende die week van die mondelinge hersiening ’n kringbyeenkoms het, moet die hersiening (en die res van die week se rooster) tot die volgende week uitgestel word en die volgende week se rooster tydens die kringbyeenkoms gedek word. As die kringopsiener julle gemeente gedurende die week van die mondelinge hersiening gaan besoek, moet die lied, die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte aangebied word soos dit op die rooster verskyn. Die instruksietoespraak (wat op die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid volg) op die volgende week se rooster moet gehou word. In die Teokratiese Bedieningskool vir die volgende week sal die toespraak oor ’n spraakhoedanigheid en die Bybelglanspunte gehou word soos dit op die rooster verskyn, gevolg deur die mondelinge hersiening.
ROOSTER
1 Jan. Bybelleesgedeelte: Jesaja 24-28 Lied 33
Spraakhoedanigheid: Praktiese toepassing van materiaal (be-AF bl. 158 ¶2-4)
Nr. 1: Hoe om studentetoesprake vir die skool voor te berei (be-AF bl. 43 ¶1–bl. 44 ¶3)
Nr. 2: Jesaja 26:1-18
Nr. 3: Aborsie—Waarom verbode? (rs-AF bl. 30 ¶1–bl. 31 ¶1)
Nr. 4: Hoe kan ons ons “beklee . . . met die Here Jesus Christus”? (Rom. 13:14)
8 Jan. Bybelleesgedeelte: Jesaja 29-33 Lied 42
Spraakhoedanigheid: Help ander om die punt te snap (be-AF bl. 159 ¶1-4)
Nr. 1: Hoe om ’n onderwerp en agtergrond te gebruik (be-AF bl. 44 ¶4–bl. 46 ¶3)
Nr. 2: Jesaja 30:1-14
Nr. 3: aHoe om iemand te antwoord wat sê: ‘Ek het die reg om te besluit oor sake wat my eie liggaam raak’ (rs-AF bl. 31 ¶2)
Nr. 4: Hoe ons weet dat Jehovah God lief is vir kinders
15 Jan. Bybelleesgedeelte: Jesaja 34-37 Lied 222
Spraakhoedanigheid: Woordkeuse (be-AF bl. 160 ¶1-3)
Nr. 1: Kweek Jesus se beskouing van reg en verkeerd aan (w05-AF 1/1 bl. 9-10 ¶11-15)
Nr. 2: Jesaja 34:1-15
Nr. 3: Hoe om opregte liefde aan te kweek
Nr. 4: Het Adam en Eva werklik gelewe? (rs-AF bl. 32 ¶1–bl. 33 ¶4)
22 Jan. Bybelleesgedeelte: Jesaja 38-42 Lied 61
Spraakhoedanigheid: Maklik verstaanbare taal (be-AF bl. 161 ¶1-4)
Nr. 1: Moenie afgeskrik word deur teenstand nie (w05-AF 1/1 bl. 15 ¶16-18)
Nr. 2: Jesaja 38:9-22
Nr. 3: bHoe om iemand te antwoord wat sê: ‘Adam se sonde was God se wil’ (rs-AF bl. 33 ¶5–bl. 34 ¶1)
Nr. 4: Waarom ons nie slegte beweegredes aan ander moet toeskryf nie
29 Jan. Bybelleesgedeelte: Jesaja 43-46 Lied 113
Spraakhoedanigheid: Kleurvolle en korrekte taalgebruik (be-AF bl. 161 ¶5–bl. 162 ¶4)
Nr. 1: Waarom ons Jehovah se oordele aanvaar (w05-AF 2/1 bl. 23-4 ¶4-9)
Nr. 2: Jesaja 45:1-14
Nr. 3: Waarom is voorouerverering vergeefs? (rs-AF bl. 414 ¶3–bl. 416 ¶2)
Nr. 4: cWaarom Christene nie vergelykings maak wat tot mededinging lei nie
5 Feb. Bybelleesgedeelte: Jesaja 47-51 Lied 79
Spraakhoedanigheid: Woorde wat krag, gevoel, kleur gee (be-AF bl. 163 ¶1–bl. 164 ¶2)
Nr. 1: Jehovah se woord hou ons rein en help ons om getrou te bly (w05-AF 4/15 bl. 11-12 ¶5-11)
Nr. 2: Jesaja 50:1-11
Nr. 3: Waarom voorouerverering Jehovah God mishaag (rs-AF bl. 416 ¶3–bl. 417 ¶1)
Nr. 4: Ontmoedig die Bybel die gee van geskenke?
12 Feb. Bybelleesgedeelte: Jesaja 52-57 Lied 139
Spraakhoedanigheid: Taalgebruik wat grammatikaal korrek is (be-AF bl. 164 ¶3–bl. 165 ¶1)
Nr. 1: Jehovah se woord gee moed (w05-AF 4/15 bl. 13 ¶12-14)
Nr. 2: Jesaja 55:1-13
Nr. 3: Dit is die moeite werd om ’n selfopofferende lewe te lei
Nr. 4: Wie is die Antichriste? (rs-AF bl. 38 ¶1–bl. 39 ¶4)
19 Feb. Bybelleesgedeelte: Jesaja 58-62 Lied 189
Spraakhoedanigheid: Gebruik van ’n skets (be-AF bl. 166 ¶1–bl. 167 ¶2)
Nr. 1: Jesaja—waarom nuttig (si-AF bl. 123 ¶34-9)
Nr. 2: Jesaja 60:1-14
Nr. 3: Waarom is dit iets aangenaams om God as slaaf te dien?
Nr. 4: dHoe om afvalliges te identifiseer (rs-AF bl. 34 ¶2–bl. 36 ¶2)
26 Feb. Bybelleesgedeelte: Jesaja 63-66 Lied 141
Spraakhoedanigheid: Organiseer jou gedagtes (be-AF bl. 167 ¶3–bl. 168 ¶2)
Mondelinge hersiening
5 Mrt. Bybelleesgedeelte: Jeremia 1-4 Lied 70
Spraakhoedanigheid: Hou die skets van jou toespraak eenvoudig (be-AF bl. 168 ¶3–bl. 169 ¶5)
Nr. 1: Inleiding tot Jeremia (si-AF bl. 124 ¶1-5)
Nr. 2: Jeremia 3:1-13
Nr. 3: Waarvan hang ware geluk af?
Nr. 4: eWat moet ons gesindheid teenoor afvalliges wees? (rs-AF bl. 36 ¶3–bl. 37 ¶5)
12 Mrt. Bybelleesgedeelte: Jeremia 5-7 Lied 159
Spraakhoedanigheid: Logiese ontwikkeling van materiaal (be-AF bl. 170 ¶1–bl. 171 ¶2)
Nr. 1: Hoe om toesprake vir die gemeente voor te berei (be-AF bl. 47 ¶1–bl. 49 ¶1)
Nr. 2: Jeremia 5:1-14
Nr. 3: Christus het nie die kerk op Petrus gebou nie (rs-AF bl. 39 ¶5–bl. 41 ¶3)
Nr. 4: Hoe om die les in Eksodus 14:11 in ons tyd toe te pas
19 Mrt. Bybelleesgedeelte: Jeremia 8-11 Lied 182
Spraakhoedanigheid: Bied inligting op ’n logiese manier aan (be-AF bl. 171 ¶3–bl. 172 ¶5)
Nr. 1: Hoe om dele op die Diensvergadering en ander toesprake voor te berei (be-AF bl. 49 ¶2–bl. 51 ¶1)
Nr. 2: Jeremia 10:1-16
Nr. 3: Hoe weet ons dat Abraham, Job en Daniël geloof in die opstanding gehad het?
Nr. 4: Wat was die sleutels wat Petrus gebruik het? (rs-AF bl. 41 ¶4–bl. 44 ¶1)
26 Mrt. Bybelleesgedeelte: Jeremia 12-16 Lied 205
Spraakhoedanigheid: Gebruik slegs tersaaklike materiaal (be-AF bl. 173 ¶1-4)
Nr. 1: Die losprys verheerlik God se regverdigheid (w05-AF 11/1 bl. 13-14)
Nr. 2: Jeremia 12:1-13
Nr. 3: “Apostoliese opvolgers” is nie ware Christene nie (rs-AF bl. 44 ¶2–bl. 46 ¶3)
Nr. 4: In watter opsig moet ’n Christen trots wees?
2 Apr. Bybelleesgedeelte: Jeremia 17-21 Lied 30
Spraakhoedanigheid: Ekstemporêre voordrag (be-AF bl. 174 ¶1–bl. 175 ¶4)
Nr. 1: Hoe om openbare toesprake voor te berei (be-AF bl. 52 ¶1–bl. 54 ¶1)
Nr. 2: Jeremia 20:1-13
Nr. 3: Waar sal Armageddon gevoer word? (rs-AF bl. 47 ¶1–bl. 48 ¶5)
Nr. 4: fHoe moet ons raad beskou?
9 Apr. Bybelleesgedeelte: Jeremia 22-24 Lied 184
Spraakhoedanigheid: Vermy die slaggate van ekstemporêre voordrag (be-AF bl. 175 ¶5–bl. 177 ¶1)
Nr. 1: Besluite wat die spreker neem (be-AF bl. 54 ¶2-4; bl. 55, venster)
Nr. 2: Jeremia 23:1-14
Nr. 3: Waarom deelname aan die bediening ons vreugde verskaf
Nr. 4: Wie of wat sal by Armageddon vernietig word? (rs-AF bl. 48 ¶6–bl. 49 ¶4)
16 Apr. Bybelleesgedeelte: Jeremia 25-28 Lied 27
Spraakhoedanigheid: Wanneer ander ’n verduideliking eis (be-AF bl. 177 ¶2–bl. 178 ¶2)
Nr. 1: Ontwikkel jou onderrigvermoë (be-AF bl. 56 ¶1–bl. 57 ¶2)
Nr. 2: Jeremia 26:1-15
Nr. 3: Wie sal Armageddon oorleef? (rs-AF bl. 49 ¶5–bl. 50 ¶1)
Nr. 4: In watter opsig was die grond vervloek? (Gen. 3:17)
23 Apr. Bybelleesgedeelte: Jeremia 29-31 Lied 148
Spraakhoedanigheid: Geselstrant (be-AF bl. 179-80)
Nr. 1: ‘Maak ’n onderskeid’ (be-AF bl. 57 ¶3–bl. 58 ¶2)
Nr. 2: Jeremia 31:1-14
Nr. 3: Waarom is Jehovah se grootheid onbeperk?
Nr. 4: Armageddon—nie ’n skending van God se liefde nie (rs-AF bl. 50 ¶2-4)
30 Apr. Bybelleesgedeelte: Jeremia 32-34 Lied 100
Spraakhoedanigheid: Stemgehalte (be-AF bl. 181 ¶1-4)
Mondelinge hersiening
7 Mei Bybelleesgedeelte: Jeremia 35-38 Lied 165
Spraakhoedanigheid: Behoorlike asemhalingsbeheer (be-AF bl. 181 ¶5–bl. 184 ¶1; bl. 182, venster)
Nr. 1: Spoor luisteraars aan om te dink (be-AF bl. 58 ¶3–bl. 59 ¶3)
Nr. 2: Jeremia 36:1-13
Nr. 3: Dit is nie moontlik om neutraal te wees by Armageddon nie (rs-AF bl. 50 ¶5-8)
Nr. 4: Hoe kan Christene onsekerheid die hoof bied?
14 Mei Bybelleesgedeelte: Jeremia 39-43 Lied 56
Spraakhoedanigheid: Ontspan gespanne spiere (be-AF bl. 184 ¶2–bl. 185 ¶3; bl. 184, venster)
Nr. 1: Maak die toepassing en stel ’n goeie voorbeeld (be-AF bl. 60 ¶1–bl. 61 ¶3)
Nr. 2: Jeremia 39:1-14
Nr. 3: Wie se invloed dryf die nasies na die Armageddon-situasie? (rs-AF bl. 51 ¶1-2)
Nr. 4: gWaarom ware Christene daarna streef om ’n kuis hofmakery te hê
21 Mei Bybelleesgedeelte: Jeremia 44-48 Lied 122
Spraakhoedanigheid: Belangstelling in die ander persoon getoon (be-AF bl. 186 ¶1-4)
Nr. 1: Hoe om jou kommunikasievermoë te verbeter (be-AF bl. 62 ¶1–bl. 64 ¶1)
Nr. 2: Jeremia 46:1-17
Nr. 3: Wat is selfbedrog, en hoe kan ons daarteen waak?
Nr. 4: Hoe om die Babilon van Openbaring te identifiseer (rs-AF bl. 51 ¶3-4)
28 Mei Bybelleesgedeelte: Jeremia 49-50 Lied 95
Spraakhoedanigheid: Luister aandagtig (be-AF bl. 187 ¶1-5)
Nr. 1: Hoe om ’n gesprek aan die gang te hou (be-AF bl. 64 ¶2–bl. 65 ¶4)
Nr. 2: Jeremia 49:14-27
Nr. 3: Waarvoor was eertydse Babilon bekend? (rs-AF bl. 52 ¶1–bl. 54 ¶1)
Nr. 4: Waarom ouers vir hulle kinders moet lees
4 Jun. Bybelleesgedeelte: Jeremia 51-52 Lied 166
Spraakhoedanigheid: Help ander om vooruitgang te maak (be-AF bl. 187 ¶6–bl. 188 ¶3)
Nr. 1: Jeremia—waarom nuttig (si-AF bl. 129 ¶36-9)
Nr. 2: Jeremia 52:1-16
Nr. 3: Dit is dwaasheid om onafhanklik van God te probeer wees
Nr. 4: Waarom gelowe wat bely dat hulle Christelik is, deel uitmaak van Babilon die Grote (rs-AF bl. 54 ¶2–bl. 55 ¶2)
11 Jun. Bybelleesgedeelte: Klaagliedere 1-2 Lied 129
Spraakhoedanigheid: Gee praktiese hulp (be-AF bl. 188 ¶4–bl. 189 ¶4)
Nr. 1: Inleiding tot Klaagliedere (si-AF bl. 130-1 ¶1-7)
Nr. 2: Klaagliedere 2:1-10
Nr. 3: Waarom mense uit Babilon die Grote moet uitgaan (rs-AF bl. 55 ¶3–bl. 56 ¶2)
Nr. 4: Waarom ware goedhartigheid nie ’n swakheid is nie
18 Jun. Bybelleesgedeelte: Klaagliedere 3-5 Lied 140
Spraakhoedanigheid: Respek aan ander betoon (be-AF bl. 190 ¶1–bl. 191 ¶1)
Nr. 1: Klaagliedere—waarom nuttig (si-AF bl. 132 ¶13-15)
Nr. 2: Klaagliedere 4:1-13
Nr. 3: Wat doop is, en waarom gelowiges gedoop word (rs-AF bl. 91 ¶1-4)
Nr. 4: hWaarom ware Christene nie aan die politiek deelneem nie
25 Jun. Bybelleesgedeelte: Esegiël 1-5 Lied 1
Spraakhoedanigheid: Eerbiedige erkenning (be-AF bl. 191 ¶2–bl. 192 ¶1)
Mondelinge hersiening
2 Jul. Bybelleesgedeelte: Esegiël 6-10 Lied 26
Spraakhoedanigheid: Eerbiedige voordrag (be-AF bl. 192 ¶2–bl. 193 ¶2)
Nr. 1: Inleiding tot Esegiël (si-AF bl. 132-3 ¶1-6)
Nr. 2: Esegiël 7:1-13
Nr. 3: Wat nodig is om nader aan Jehovah te kom (Jak. 4:8)
Nr. 4: Christelike doop, nie deur besprinkeling nie, nie vir babas nie (rs-AF bl. 91 ¶5–bl. 92 ¶5)
9 Jul. Bybelleesgedeelte: Esegiël 11-14 Lied 112
Spraakhoedanigheid: Met oortuiging uitgedruk (be-AF bl. 194 ¶1–bl. 195 ¶2)
Nr. 1: Moenie ophou om te doen wat goed is nie (w05-AF 6/1 bl. 29-30)
Nr. 2: Esegiël 11:1-13
Nr. 3: Was waterdoop sondes af? (rs-AF bl. 92 ¶6–bl. 93 ¶2)
Nr. 4: Hoe moet ons Openbaring 17:9-11 verstaan?
16 Jul. Bybelleesgedeelte: Esegiël 15-17 Lied 29
Spraakhoedanigheid: Hoe oortuiging geopenbaar word (be-AF bl. 195 ¶3–bl. 196 ¶4)
Nr. 1: Weerstaan verkeerde denke! (w05-AF 9/15 bl. 26-8)
Nr. 2: Esegiël 16:1-13
Nr. 3: Wat dit beteken om skerpsinnig te wees (Spr. 13:16)
Nr. 4: Wie word met die heilige gees gedoop? (rs-AF bl. 93 ¶3–bl. 94 ¶4)
23 Jul. Bybelleesgedeelte: Esegiël 18-20 Lied 193
Spraakhoedanigheid: Taktvol maar ferm (be-AF bl. 197 ¶1-3)
Nr. 1: Neem die persoon se beskouing in ag (be-AF bl. 66 ¶1–bl. 68 ¶1)
Nr. 2: Esegiël 18:19-29
Nr. 3: Doop met vuur nie dieselfde as doop met heilige gees nie (rs-AF bl. 94 ¶5–bl. 95 ¶3)
Nr. 4: Bewyse dat God se Koninkryk ’n werklikheid is
30 Jul. Bybelleesgedeelte: Esegiël 21-23 Lied 35
Spraakhoedanigheid: Taktvol wanneer ons getuig (be-AF bl. 197 ¶4–bl. 199 ¶1)
Nr. 1: Weet hoe jy elkeen behoort te antwoord (be-AF bl. 68 ¶2–bl. 70 ¶3)
Nr. 2: Esegiël 23:1-17
Nr. 3: Waarom ons die Bybel moet ondersoek (rs-AF bl. 75 ¶1–bl. 76 ¶4)
Nr. 4: Wat is die regte beskouing van grootheid?
6 Aug. Bybelleesgedeelte: Esegiël 24-27 Lied 37
Spraakhoedanigheid: Die regte woorde op die regte tyd (be-AF bl. 199 ¶2-5)
Nr. 1: Kommunikasie deur middel van briewe (be-AF bl. 71-3)
Nr. 2: Esegiël 24:1-14
Nr. 3: In watter opsigte was Moses ’n uitstekende voorbeeld vir Christene?
Nr. 4: Bewyse van die Bybel se inspirasie in Jesaja en Jeremia (rs-AF bl. 76 ¶5–bl. 77 ¶4)
13 Aug. Bybelleesgedeelte: Esegiël 28-31 Lied 123
Spraakhoedanigheid: Wees taktvol met familie en ander (be-AF bl. 200 ¶1–bl. 201 ¶1)
Nr. 1: Wees progressief—Maak vooruitgang (be-AF bl. 74 ¶1–bl. 75 ¶3)
Nr. 2: Esegiël 28:1-16
Nr. 3: Vervulling van Jesus se profesieë bewys dat Bybel geïnspireer is (rs-AF bl. 78 ¶1-2)
Nr. 4: Wat word bedoel met die woord “haat” in die Skrif?
20 Aug. Bybelleesgedeelte: Esegiël 32-34 Lied 215
Spraakhoedanigheid: Opbouend en positief (be-AF bl. 202 ¶1–bl. 203 ¶2)
Nr. 1: Gebruik jou gawe (be-AF bl. 75 ¶4–bl. 77 ¶2)
Nr. 2: Esegiël 34:1-14
Nr. 3: Hoe help God se gees ons?
Nr. 4: Die Bybel is wetenskaplik akkuraat (rs-AF bl. 79 ¶1–bl. 81 ¶1)
27 Aug. Bybelleesgedeelte: Esegiël 35-38 Lied 94
Spraakhoedanigheid: Behou ’n positiewe toon (be-AF bl. 203 ¶3–bl. 204 ¶1)
Mondelinge hersiening
3 Sept. Bybelleesgedeelte: Esegiël 39-41 Lied 194
Spraakhoedanigheid: Wanneer jy met medegelowiges gesels (be-AF bl. 204 ¶2–bl. 205 ¶4)
Nr. 1: Waarom moet ons lief wees vir God se woord? (w05-AF 4/15 bl. 15-16 ¶3-6)
Nr. 2: Esegiël 40:1-15
Nr. 3: Kan mense God werklik bly maak?
Nr. 4: iAntwoorde op besware oor die Bybel (rs-AF bl. 81 ¶2–bl. 84 ¶3)
10 Sept. Bybelleesgedeelte: Esegiël 42-45 Lied 77
Spraakhoedanigheid: Herhaling vir beklemtoning (be-AF bl. 206 ¶1-4)
Nr. 1: Wanneer bejaardheid “’n pragtige kroon” is (w05-AF 1/15 bl. 8-9)
Nr. 2: Esegiël 43:1-12
Nr. 3: Waarom Christene nie verjaarsdae vier nie (rs-AF bl. 412 ¶3–bl. 414 ¶2)
Nr. 4: jHoe kan ons “die stem van vreemdelinge” herken? (Joh. 10:5)
17 Sept. Bybelleesgedeelte: Esegiël 46-48 Lied 164
Spraakhoedanigheid: Herhaling in die veldbediening en in toesprake (be-AF bl. 207 ¶1–bl. 208 ¶4)
Nr. 1: Esegiël—waarom nuttig (si-AF bl. 137 ¶29-33)
Nr. 2: Esegiël 47:1-14
Nr. 3: Waarom onthou Christene hulle van bloed? (rs-AF bl. 69 ¶1–bl. 70 ¶4)
Nr. 4: kWaarom ’n ryk geestelike erfenis die beste gawe is wat ouers hulle kinders kan gee
24 Sept. Bybelleesgedeelte: Daniël 1-3 Lied 179
Spraakhoedanigheid: Tema ontwikkel (be-AF bl. 209 ¶1-3)
Nr. 1: Inleiding tot Daniël (si-AF bl. 138-9 ¶1-6)
Nr. 2: Daniël 2:1-16
Nr. 3: Waarom die getal 144 000 as letterlik beskou word (Op. 7:4)
Nr. 4: Waarom ware Christene nie bloedoortappings aanvaar nie (rs-AF bl. 71 ¶1–bl. 72 ¶2)
1 Okt. Bybelleesgedeelte: Daniël 4-6 Lied 14
Spraakhoedanigheid: Gebruik ’n gepaste tema (be-AF bl. 210 ¶1–bl. 211 ¶1; bl. 211, venster)
Nr. 1: Wanneer is daar rede om aanstoot te neem? (w05-AF 8/1 bl. 13-15)
Nr. 2: Daniël 4:1-17
Nr. 3: Hoe kan ons Mefiboset se goeie eienskappe navolg?
Nr. 4: lAntwoorde op bewerings oor bloedoortappings (rs-AF bl. 72 ¶3–bl. 74 ¶2)
8 Okt. Bybelleesgedeelte: Daniël 7-9 Lied 34
Spraakhoedanigheid: Hoofpunte laat uitstaan (be-AF bl. 212 ¶1–bl. 213 ¶1)
Nr. 1: Laat Jehovah se “woord” jou beveilig (w05-AF 9/1 bl. 28-31)
Nr. 2: Daniël 7:1-12
Nr. 3: Wat beteken dit om wedergebore te wees? (rs-AF bl. 422 ¶1–bl. 423 ¶3)
Nr. 4: Watter uitsonderlike vreugdes bring gereelde deelname aan die veldbediening mee?
15 Okt. Bybelleesgedeelte: Daniël 10-12 Lied 210
Spraakhoedanigheid: Nie te veel punte nie (be-AF bl. 213 ¶2–bl. 214 ¶5)
Nr. 1: Daniël—waarom nuttig (si-AF bl. 141-2 ¶19-23)
Nr. 2: Daniël 11:1-14
Nr. 3: Hoe nederigheid ons kan help om misverstande uit die weg te ruim
Nr. 4: Redding hang nie daarvan af dat ’n mens wedergebore is nie (rs-AF bl. 423 ¶4–bl. 424 ¶4)
22 Okt. Bybelleesgedeelte: Hosea 1-7 Lied 66
Spraakhoedanigheid: Inleiding wek belangstelling (be-AF bl. 215 ¶1–bl. 216 ¶5)
Nr. 1: Inleiding tot Hosea en waarom nuttig (si-AF bl. 143-5 ¶1-8, 14-17)
Nr. 2: Hosea 5:1-15
Nr. 3: aAntwoorde op beskouings oor wedergeboorte (rs-AF bl. 424 ¶6–bl. 425 ¶4)
Nr. 4: Maniere waarop ware Christene geduld aan die dag lê
29 Okt. Bybelleesgedeelte: Hosea 8-14 Lied 59
Spraakhoedanigheid: Kry mense se aandag wanneer jy velddiens doen (be-AF bl. 217 ¶1-4)
Mondelinge hersiening
5 Nov. Bybelleesgedeelte: Joël 1-3 Lied 166
Spraakhoedanigheid: Identifiseer jou onderwerp in die inleiding (be-AF bl. 217 ¶5–bl. 219 ¶2)
Nr. 1: Inleiding tot Joël en waarom nuttig (si-AF bl. 146-8 ¶1-5, 12-14)
Nr. 2: Joël 2:1-14
Nr. 3: Wat dit beteken om “volmaakte liefde” te hê (1 Joh. 4:18)
Nr. 4: Belydenis aan priesters—Waarom onskriftuurlik? (rs-AF bl. 61 ¶1–bl. 62 ¶3)
12 Nov. Bybelleesgedeelte: Amos 1-9 Lied 211
Spraakhoedanigheid: Doeltreffende slot (be-AF bl. 220 ¶1-3)
Nr. 1: Inleiding tot Amos en waarom nuttig (si-AF bl. 148-50 ¶1-6, 13-17)
Nr. 2: Amos 2:1-16
Nr. 3: Waarom ondervinding nie die beste leermeester is nie
Nr. 4: Belydenis van sondes teen God en die mens (rs-AF bl. 63 ¶4–bl. 64 ¶3)
19 Nov. Bybelleesgedeelte: Obadja 1-21–Jona 1–4 Lied 220
Spraakhoedanigheid: Punte om in gedagte te hou (be-AF bl. 221 ¶1-5)
Nr. 1: Inleiding tot Obadja en Jona en waarom nuttig (si-AF bl. 151-3 ¶1-5, 10-14; bl. 153-5 ¶1-4, 9-12)
Nr. 2: Jona 1:1-17
Nr. 3: Waarom ’n geestelike paradys die aardse Paradys moet voorafgaan
Nr. 4: bWaarom moet ernstige sondes aan ouer manne bely word? (rs-AF bl. 64 ¶4-8)
26 Nov. Bybelleesgedeelte: Miga 1-7 Lied 18
Spraakhoedanigheid: In die veldbediening (be-AF bl. 221 ¶6–bl. 222 ¶6)
Nr. 1: Inleiding tot Miga en waarom nuttig (si-AF bl. 155-8 ¶1-8, 16-19)
Nr. 2: Miga 2:1-13
Nr. 3: Wat dit beteken om saggeaard te wees
Nr. 4: Waarom dit redelik is om aan die skepping te glo (rs-AF bl. 379 ¶2–bl. 381 ¶1)
3 Des. Bybelleesgedeelte: Nahum 1–3–Habakuk 1–3 Lied 137
Spraakhoedanigheid: Akkurate stellings (be-AF bl. 223 ¶1-5)
Nr. 1: Inleiding tot Nahum en Habakuk en waarom nuttig (si-AF bl. 158-60 ¶1-7, 11-12; bl. 161-3 ¶1-5, 12-14)
Nr. 2: Habakuk 1:1-17
Nr. 3: Hoe om die Bybel se skeppingsverslag te verstaan (rs-AF bl. 381 ¶2–bl. 383 ¶2)
Nr. 4: Waarom die ewige lewe nie vervelig sal wees nie
10 Des. Bybelleesgedeelte: Sefanja 1–3–Haggai 1–2 Lied 78
Spraakhoedanigheid: ‘Hou stewig vas aan die betroubare woord’ (be-AF bl. 224 ¶1-4)
Nr. 1: Inleiding tot Sefanja en Haggai en waarom nuttig (si-AF bl. 163-6 ¶1-6, 10-12; bl. 166-8 ¶1-7, 13-16)
Nr. 2: Sefanja 3:1-17
Nr. 3: Waarom is die verering van die kruis onskriftuurlik? (rs-AF bl. 257 ¶4–bl. 258 ¶5)
Nr. 4: cWatter rol speel geestelikheid in ’n huwelik?
17 Des. Bybelleesgedeelte: Sagaria 1-8 Lied 209
Spraakhoedanigheid: Hoe om die akkuraatheid van inligting na te gaan (be-AF bl. 225 ¶1-3)
Nr. 1: Inleiding tot Sagaria (si-AF bl. 168-9 ¶1-7)
Nr. 2: Sagaria 7:1-14
Nr. 3: Hoe is die visioen van die gedaanteverandering vervul?
Nr. 4: Is die ouderdomme van mense voor die Vloed gemeet volgens dieselfde jare as wat ons gebruik? (rs-AF bl. 208 ¶3-5)
24 Des. Bybelleesgedeelte: Sagaria 9-14 Lied 202
Spraakhoedanigheid: Verstaanbaar vir ander (be-AF bl. 226 ¶1–bl. 227 ¶1)
Nr. 1: Sagaria—waarom nuttig en inleiding tot Maleagi en waarom nuttig (si-AF bl. 171-2 ¶23-7; bl. 172-5 ¶1-6, 13-17)
Nr. 2: Sagaria 10:1-12
Nr. 3: Waarom sê Jehovah se Getuies dat God se Koninkryk in 1914 opgerig is? (rs-AF bl. 209 ¶1–bl. 210 ¶5)
Nr. 4: Hoe kan ons ons voorberei op vervolging?
31 Des. Bybelleesgedeelte: Maleagi 1-4 Lied 118
Spraakhoedanigheid: Verduidelik onbekende uitdrukkings (be-AF bl. 227 ¶2–bl. 228 ¶1)
Mondelinge hersiening
[Voetnote]
a Bespreek, na gelang van die tyd, antwoorde op beskouings, bewerings en besware wat in die plaaslike gebied die praktiesste sal wees.
b Bespreek, na gelang van die tyd, antwoorde op beskouings, bewerings en besware wat in die plaaslike gebied die praktiesste sal wees.
c Wys alleenlik aan broers toe.
d Wys alleenlik aan broers toe.
e Wys alleenlik aan broers toe.
f Wys alleenlik aan broers toe.
g Wys alleenlik aan broers toe.
h Wys alleenlik aan broers toe.
i Bespreek, na gelang van die tyd, antwoorde op beskouings, bewerings en besware wat in die plaaslike gebied die praktiesste sal wees.
j Wys alleenlik aan broers toe.
k Wys alleenlik aan broers toe.
l Bespreek, na gelang van die tyd, antwoorde op beskouings, bewerings en besware wat in die plaaslike gebied die praktiesste sal wees.
a Bespreek, na gelang van die tyd, antwoorde op beskouings, bewerings en besware wat in die plaaslike gebied die praktiesste sal wees.
b Wys alleenlik aan broers toe.
c Wys alleenlik aan broers toe.