Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 10/06 bl. 7
  • Aankondigings

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Aankondigings
  • Ons Koninkryksbediening—2006
Ons Koninkryksbediening—2006
km 10/06 bl. 7

Aankondigings

◼ Lektuuraanbod vir Oktober: Die Wagtoring en Ontwaak! November: Leer by die Groot Onderwyser. Desember: Die grootste mens wat nog geleef het.

◼ Aangesien Desember vyf volle naweke het, sal dit ’n uitstekende maand wees om hulppionierdiens te doen.

◼ Die byvoegsel tot hierdie nommer van Ons Koninkryksbediening is die “Rooster vir Teokratiese Bedieningskool vir 2007”, en dit moet gehou word vir gebruik gedurende 2007.

◼ Die videoprogram No Blood—Medicine Meets the Challenge sal tydens ’n Diensvergadering in Januarie bespreek word. Indien nodig, moet die DVD of videokasset so gou as moontlik deur die gemeente aangevra word.

◼ Dit sal nie nodig wees om Gedenkmaaluitnodigings vir die 2007-Gedenkmaalseisoen aan te vra nie, aangesien dit vroegtydig aan elke gemeente gestuur sal word. As gemeentes ’n Koninkryksaal deel, moet die lektuurkoördineerder toesien dat al die ander gemeentes hulle voorraad kry. Vanaf 2007 sal die datum vir die Gedenkmaal nie meer op die Gedenkmaaluitnodiging verskyn nie, en daarom kan voorraad gehou word en van jaar tot jaar gebruik word. Verkondigers moet slegs wanneer nodig die tyd en adres op Gedenkmaaluitnodigings skryf, aangesien oorblywende uitnodigings die volgende jaar gebruik kan word as daar niks op geskryf is nie. As julle meer uitnodigings of uitnodigings in ander tale nodig het, kan julle ’n Literature Request-vorm (S-14) instuur. Dui asseblief aan dat dit bo en behalwe die uitnodigings is wat julle reeds ontvang het. Gedenkmaaluitnodigings sal beskikbaar wees in Afrikaans, Engels, Frans, Portugees, Sepedi, Suid-Sotho, Tsonga, Tswana, Xhosa en Zulu.

◼ Ongelukkig is daar nie ’n reëling dat broers hulle gemeente se lektuuraanvrae by Bethel kan afhaal nie. Elke gemeente maak deel uit van ’n spesifieke verpakkingsiklus, en aanvrae word volgens hierdie rooster afgelewer. Die ekstra werklas maak dit onprakties om die siklus te onderbreek sodat gemeentes lektuuraanvrae kan kom afhaal. Maar broers is welkom om hulle Literature Request-vorm (S-14) in te gee wanneer hulle Bethel besoek.

◼ Ons spesiale Tydskrifdag sal op 14 April 2007 wees. Ons moedig almal aan om nou al te begin beplan om volgende jaar ’n volle aandeel daaraan te hê. Gemeentes moet so gou as moontlik spesiale tydskrifaanvrae instuur.

◼ Die spesiale openbare toespraak vir die 2007-Gedenkmaalseisoen sal op Sondag 15 April 2007 gehou word. Die tema van die toespraak sal later aangekondig word. Gemeentes wat daardie naweek die kringopsiener se besoek of ’n byeenkoms het, sal die spesiale toespraak die volgende week hê. Geen gemeente moet die spesiale toespraak voor 15 April hê nie.

◼ Die Bethelhuis sal op Saterdag 14 Oktober 2006 vir skoonmaakwerk gesluit wees.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel