Diensvergaderingrooster
Week wat begin met 13 Desember
10 min: Plaaslike aankondigings en gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Meld spesiale velddiensreëlings vir 25 Desember en 1 Januarie. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 15 Desember en die Ontwaak! van 22 Desember aangebied kan word. Ander realistiese aanbiedings kan gebruik word. Demonstreer in elke aanbieding ’n ander manier waarop die gesprekdemper “Ek is reeds goed vertroud met julle werk” oorkom kan word.—Sien Redenering-boek, bl. 20.
15 min: “Jou hulp word benodig.”a Voer ’n kort onderhoud met ’n ouer man. Laat hom vertel wat hom aangespoor het om na diensvoorregte in die gemeente te streef en wat hom gehelp het om te kwalifiseer.
20 min: “Hoe om vir familielede te getuig.”b Gebruik die vrae wat voorsien word. Nooi die gehoor om kortliks kommentaar te lewer oor hoe hulle die belangstelling van hulle familielede gewek en vir hulle getuig het.
Lied 17 en slotgebed.
Week wat begin met 20 Desember
5 min: Plaaslike aankondigings.
20 min: “Hoe ons by die Teokratiese Bedieningskool baat vind.” Toespraak deur die skoolopsiener. Sluit kommentare in uit die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Oktober 2004. Reël vooraf dat een of twee persone kommentaar lewer oor hoe hulle by die skool baat vind.
20 min: “Gebruik geestelike doelwitte om God te verheerlik.” Toespraak, met ’n mate van gehoordeelname, gebaseer op Die Wagtoring van 15 Julie 2004, bladsye 21-3. Toon hoe die materiaal plaaslik van toepassing is.
Lied 50 en slotgebed.
Week wat begin met 27 Desember
15 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag. Herinner verkondigers daaraan om hulle velddiensrapporte vir Desember in te gee. Gebruik die wenke op bladsy 8 (as dit vir julle gebied gepas is) om te demonstreer hoe Die Wagtoring van 1 Januarie of die Ontwaak! van 8 Januarie aangebied kan word.
30 min: Plaaslike behoeftes.
Lied 8 en slotgebed.
Week wat begin met 3 Januarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus. Meld lektuuraanbod vir Januarie.
20 min: “Hou progressiewe Bybelstudies—Deel 4.” Ná ’n inleiding van hoogstens een minuut wat op paragraaf 1 gebaseer is, moet ’n vyf minute lange demonstrasie oor paragrawe 2-3 gehou word, waarin ’n Bybelstudiehouer vir ’n student wys hoe om vir die studie voor te berei. Gebruik ’n paragraaf uit die Kennis-boek of die Vereis-brosjure in die demonstrasie. Daarna moet ’n vraag-en-antwoord-bespreking van paragrawe 2-5 volg, wat die sleutelpunte van die demonstrasie beklemtoon.
15 min: “’n Werk wat deur God gesteun word.”c Sluit kommentare in uit die Verkondigers-boek, bladsye 547-8.
Lied 79 en slotgebed.
[Voetnote]
a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.
c Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.