Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 12/04 bl. 2
  • Teokratiese nuus

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Teokratiese nuus
  • Ons Koninkryksbediening—2004
Ons Koninkryksbediening—2004
km 12/04 bl. 2

Teokratiese nuus

◼ Nog 17 gemeentes was verheug oor die toewyding van hulle nuwe Koninkryksale: Tweefontein-Oos en Vlaklaagte-Wes (noord van Bronkhorstspruit), Mashishing (Lydenburg), Naas (Komatipoort), Hleoheng (Lesotho), Pacaltsdorp (George), Dindini (Bizana), Kutloanong-Oos (Odendaalsrus), Phomolong (Harrismith), Ntuzuma-Noord (Inanda), Mondlo-Suid (Emondlo), Nkodibe (Mtubatuba), Majozini (Mkuze), Kokosi (Fochville), Hoekfontein, Leondale en Ivory Park-Suid in Gauteng.

Die Koninkryksaalbouprogram in ons gebied word nog steeds deur Jehovah geseën. Gedurende die 2004-diensjaar is 40 Koninkryksale voltooi. Ons waardeer werklik die leiding wat die 25 Streekboukomitees voorsien, asook die liefdevolle ondersteuning van almal wat hierby betrokke is.

Sal jy daarvan hou om deel te neem aan die bou van Koninkryksale? Vra asseblief jou gemeentelike sekretaris vir ’n Kingdom Hall Construction Worker Questionnaire-vorm (S-82). Vul die vorm in en gee dit vir jou presiderende opsiener. Die plaaslike Streekboukomitee sal jou dan kontak wanneer jou hulp nodig is.

Gemeentes wat ’n saal nodig het, word aangespoor om voort te gaan om tot hulle Koninkryksaalboufonds by te dra. Sodoende sal hulle genoeg geld beskikbaar hê wanneer die bouwerk begin. Ons het nog heelwat Koninkryksale in ons gebied nodig, en ons moedig almal aan om die bouprogram hulle volle ondersteuning te gee.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel