Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 3/01 bl. 2
  • Diensvergaderingrooster

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Diensvergaderingrooster
  • Ons Koninkryksbediening—2001
  • Onderhofies
  • Week wat begin met 12 Maart
  • Week wat begin met 19 Maart
  • Week wat begin met 26 Maart
  • Week wat begin met 2 April
Ons Koninkryksbediening—2001
km 3/01 bl. 2

Diensvergaderingrooster

Week wat begin met 12 Maart

Lied 112

10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening.

15 min: Plaaslike behoeftes.

20 min: “April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’” (Paragrawe 1-13). Moet deur die presiderende opsiener behartig word. ’n Geesdriftige bespreking van wat ons in April wil bereik. Moedig almal in die gemeente aan om hulle deel te doen sodat ons hierdie maand die doelwit van 100-persent-deelname aan die bediening kan bereik.

Lied 147 en slotgebed.

Week wat begin met 19 Maart

Lied 166

8 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.

15 min: “Help ander om vergaderinge by te woon.”a Die byvoegsel tot Ons Koninkryksbediening vir Junie 1996, paragrawe 14-16, gee verdere wenke oor maniere om Bybelstudente na die organisasie te rig. Toon hoe die Vereis-brosjure (les 5, paragraaf 7) asook die Kennis-boek (hoofstuk 5, paragraaf 22) vroeg reeds gebruik kan word om vergaderingbywoning aan te moedig. Om te toon hoe dit gedoen word, kan jy ’n goed voorbereide demonstrasie reël waar ’n bekwame verkondiger ’n student vriendelik aanmoedig om dit ernstig te oorweeg om vergaderinge by te woon.

22 min: “April—’n Tyd om ‘hard te werk en ons in te span’” (Paragrawe 14-30). Moet deur die diensopsiener behartig word. ’n Toespraak met gekose vraag-en-antwoord-gedeeltes. Elkeen moet ’n praktiese rooster opstel om gedurende April soveel as moontlik in die bediening te doen. Bespreek die volledige rooster vir die velddiensvergaderinge wat vir die maand beplan word. Moedig almal aan wat kan om hulppionierdiens te doen en ’n aansoekvorm na afloop van die vergadering te kry.

Lied 188 en slotgebed.

Week wat begin met 26 Maart

Lied 204

10 min: Plaaslike aankondigings. Verduidelik dat dit nog nie te laat is om ’n aansoekvorm vir hulppionierdiens in April in te gee nie. Moedig almal aan om van 3-8 April die Skrifgedeelte vir die Gedenkmaal te volg, soos in Ondersoek die Skrif elke dag—2001 uiteengesit word. Kondig aan wanneer die Wagtoring-studie vir die week van die Gedenkmaal gehou gaan word. Moenie die spesiale openbare toespraak hierdie Sondag, 1 April, met die tema “Wie kan gered word?” vergeet nie. Moedig almal aan om April goed te begin en daardie selfde dag nog aan die bediening deel te neem.

20 min: “Laat ons almal Jehovah en sy Seun eer.” ’n Motiverende skriftuurlike toespraak deur ’n ouer man. Moedig almal aan om ’n volle deelname te hê aan die spesiale bedrywighede wat vir April beplan word en ’n spesiale poging aan te wend om mense na die Gedenkmaal te nooi.

15 min: Hoe om ons tydskrifaanbiedings voor te berei. Gedurende April gaan ons Die Wagtoring en Ontwaak! aanbied. Hersien bladsy 8, paragrawe 3 en 10, in Ons Koninkryksbediening vir Oktober 1996. Beklemtoon (1) ’n artikel, (2) ’n gepaste gesprekspunt, (3) ’n vraag om belangstelling te wek en (4) ’n gepaste teks wat met welslae gebruik kan word om elk van die jongste tydskrifte aan te bied. Probeer om die Vereis-brosjure of die Kennis-boek te gebruik om Bybelstudies met belangstellende mense te begin. Sluit af met ’n goed voorbereide demonstrasie van hoe dit tydens die eerste besoek gedoen kan word.

Lied 207 en slotgebed.

Week wat begin met 2 April

Lied 220

9 min: Plaaslike aankondigings. Herinner verkondigers daaraan om velddiensrapporte vir Maart in te gee. Hersien “Gedenkmaalherinneringe”.

18 min: “Liefde beweeg ons om te getuig.”b Beklemtoon die tekste in die artikel. Sluit gedagtes in Insight, Deel 2, bladsy 673, paragraaf 1, in. Nooi ’n verkondiger wat al jare lank bedrywig is om te vertel hoe liefde vir God hom beweeg om in die predikingswerk te volhard. Moedig alle verkondigers aan om gedurende April, en elke maand daarna, aan die predikingswerk deel te neem.

18 min: Maak goed gebruik van die jaarboek vir 2001. Toespraak en gehoorbespreking. Hersien “2000 Grand Totals” op bladsy 31. Bespreek “A Letter From the Governing Body” op bladsye 3-5. Laat sommige in die gehoor ’n verslag of ondervinding uit die nuwe jaarboek vertel wat vir hulle veral bemoedigend en geloofversterkend was. Moedig gesinne aan om die hele jaarboek saam te lees, net soos die wêreldwye Bethelgesin dit gedurende die jaar doen. Beklemtoon vrae op bladsy 255, wat gebruik kan word om te hersien wat geleer is. Vra wenke oor maniere waarop ons die jaarboek kan gebruik om Bybelstudente te help om groter waardering op te bou vir Jehovah se organisasie en die voorreg om ’n deel daarvan te wees.

Lied 47 en slotgebed.

[Voetnote]

a Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

b Die inleiding moet korter as ’n minuut wees, gevolg deur ’n vraag-en-antwoord-bespreking.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel