Diensvergaderinge vir Februarie
Week wat begin met 1 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Gekose Aankondigings uit Ons Koninkryksbediening. Herinner almal daaraan om velddiensrapporte vir Januarie in te gee.
17 min: “Bied die Gesinsgeluk-boek vir mense van alle ouderdomme aan.” Ouer man bespreek artikel met twee of drie bekwame verkondigers. Vestig die aandag op die doel om ander te help besef dat die geheim van gesinsgeluk in die toepassing van Bybelraad lê. (Sien Gesinsgeluk-boek, bladsye 9-12.) Demonstreer een van die voorgestelde aanbiedings. Toon hoe om reëlings vir ’n herbesoek te tref.
18 min: “Beklee jou met die nuwe persoonlikheid.” ’n Toespraak wat Efesiërs 4:20-24 ontleed. (Sien Die Wagtoring van 1 Maart 1993, bladsye 14-18, paragrawe 4-17.) Verduidelik hoe ons die ou persoonlikheid aflê en ons met die nuwe persoonlikheid beklee.
Lied 4 en slotgebed.
Week wat begin met 8 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Rekeningverslag.
15 min: Plaaslike behoeftes.
20 min: “Ons voorneme—Om Jehovah se weg van die lewe na te streef.” ’n Toespraak. Moedig almal aan om die vyf weeklikse vergaderinge van die gemeente gereeld by te woon.
Lied 173 en slotgebed.
Week wat begin met 15 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings. Teokratiese nuus.
18 min: Hoe vind ons baat deur by die Teokratiese Bedieningskool aan te sluit? Gehoorbespreking gelei deur die skoolopsiener. Opleiding in die openbare spreekkuns is nie die enigste doel van die skool nie. Daar is ander maniere waarby ons direk baat vind. (Sien Skoolhandleiding, bladsye 12-13.) Ons leer hoe om beter met ander mense te kommunikeer. Ons word geleer om duidelik, kalm en met selfvertroue te praat. Ons raak bedrewe om vrae oor ons oortuiging te beantwoord en ons Bybelse besluite te verduidelik. Ons kennis van die Bybel neem toe en dit help ons weer om vir ander op bekwamer wyse te getuig. Ons leer om ons tekortkominge te erken en raad te aanvaar wat daartoe lei dat ons vriendeliker teenoor ander optree. Die opleiding wat die skool bied, help ons om as God se bedienaars “voldoende bekwaam” te bly.—2 Kor. 3:5, 6.
17 min: “Hoe gesinslede saamwerk om ’n volle deelname te hê—aan Bybelstudie.” Bespreking deur ’n gesinsgroep. Hulle ontleed in watter mate hulle die wenke oor gesinsbybellees en -studie toepas soos gevind word in Die Wagtoring van 15 Mei 1996, bladsye 14-15, en Die Wagtoring van 15 Oktober 1992, bladsye 16-17.
Lied 57 en slotgebed.
Week wat begin met 22 Februarie
10 min: Plaaslike aankondigings.
15 min: Getuieniswerk in woonstelblokke waar daar streng veiligheidsmaatreëls is en woonkomplekse. (As dit nie in julle gebied ’n probleem is nie, kan ’n plaaslike behoefte of die artikel “Spreek met vrymoedigheid” in Ons Koninkryksbediening vir Januarie 1996 bespreek word.) Bespreking met twee of drie verkondigers. Dit is moeilik om vir mense te getuig wat in woonstelblokke en woonkomplekse woon waar gesprekke beperk is tot dít wat oor ’n interkom gesê kan word. Dink aan maniere waarop jy belangstelling kan wek. Stel jouself vriendelik voor as iemand wat in die omgewing woon; gebruik die huisbewoner se naam as dit aangegee word; meld ’n aktuele onderwerp wat jy wil bespreek of lees ’n inleiding direk uit die Redenering-boek, bladsye 9-15, en verduidelik dat jy graag vir hom ’n traktaat, tydskrif of brosjure wil aanbied wat ’n belangrike vraag beantwoord, en sê wat dit is. Waar dit moeilik is om met mense in aanraking te kom, kan jy briewe vir die inwoners skryf of op straat vir hulle getuig wanneer hulle kom en gaan. Demonstreer ’n metode wat plaaslik goeie resultate behaal het by mense wat in hierdie geboue woon.
20 min: Hoe om vreugde uit die dissipelmaakwerk te put. ’n Toespraak gebaseer op Die Wagtoring van 15 Februarie 1996, bladsye 19-22.
Lied 91 en slotgebed.