Wagtoring – AANLYN BIBLIOTEEK
Wagtoring
AANLYN BIBLIOTEEK
Afrikaans
  • BYBEL
  • PUBLIKASIES
  • VERGADERINGE
  • km 4/97 bl. 1
  • Help die onervarenes om te verstaan

Video nie beskikbaar nie.

Jammer, die video kon nie laai nie.

  • Help die onervarenes om te verstaan
  • Ons Koninkryksbediening—1997
  • Soortgelyke materiaal
  • Hoe om die brosjure Goeie nuus wat van God kom! te gebruik
    Ons Koninkryksbediening—2013
  • Wakker belangstelling aan in die Koninkryksboodskap
    Ons Koninkryksbediening—1992
  • Gebruik jy die Vereis-brosjure om studies te begin?
    Ons Koninkryksbediening—2002
  • Volg Jehovah na deur opreg vir ander om te gee
    Ons Koninkryksbediening—1996
Sien nog
Ons Koninkryksbediening—1997
km 4/97 bl. 1

Help die onervarenes om te verstaan

1 Deur middel van die dissipelmaakwerk leer ons ander wat God van hulle vereis (Matt. 28:19, 20). Wêreldwyd wend meer as vyfmiljoen Getuies ’n geweldige poging aan om dit te doen. Ons welslae word nie gemeet aan die ure wat bestee is, die lektuur wat gelaat is of die Bybelstudies wat begin is nie. Ons bereik ons doel wanneer mense verstaan en toepas wat hulle leer.

2 Om ander geestelik te help, behels dat ons ‘die onervarenes laat verstaan’ (Ps. 119:130, NW). Slegs wanneer mense ‘die sin van iets begryp’, word hulle harte geroer en word hulle gemotiveer (Matt. 15:10). Namate ons werk uitbrei en toeneem, besef ons al hoe meer hoe nodig dit is om op ’n eenvoudige manier te praat en te onderrig. Dit is waarom die Genootskap die brosjure Wat vereis God van ons? uitgegee het. Dit bevat ’n omvattende studiekursus wat die basiese leringe van die Bybel dek. Die lesse is kort, die bewoording is eenvoudig en die onderrigting is maklik verstaanbaar, sodat die brosjure oral ingang sal vind.

3 Hierdie brosjure sal gedurende April en Mei saam met die intekeningaanbod aangebied word. Neem die brosjure na mense wat in die verlede geredelik lektuur geneem het. Onthou dat dit veral nuttig kan wees wanneer jy kinders leer, asook mense wat ’n ander taal praat en diegene wat ’n beperkte leesvermoë het.

4 Gebruik ’n eenvoudige benadering: Wanneer jy die Vereis-brosjure aanbied, kan jy na bladsy 2 verwys, waar dit verduidelik dat ‘hierdie brosjure ontwerp is as ’n Bybelstudiekursus’. Vestig die aandag op paragraaf 3 op bladsy 3 om te toon waarom die persoon die Bybel moet bestudeer. Wek sy belangstelling met ’n paar van die lesse se titels wat eenvoudige Bybelwaarhede openbaar. Demonstreer hoe hierdie brosjure dit ’n plesier maak om te leer, en bied aan om hom persoonlike hulp te verleen.

5 Hou ’n progressiewe studie: Ons doel is om meer te doen as om net studies te hou—ons wil dissipels maak wat standvastige ondersteuners van ware aanbidding sal word. Die brosjure kan binne ’n paar weke gedek word en behoort tot ’n studie van die Kennis-boek te lei. (Sien die voetnoot op bladsy 31.) Help die student van die begin af om Jehovah se organisasie te identifiseer. (Sien Redenering-boek, bladsye 330-1.) Beklemtoon die waarde van gemeentelike vergaderinge, en verduidelik dat die bywoning daarvan ’n omvattende begrip voorsien van hoe om ware aanbidding te beoefen.—Heb. 10:24, 25.

6 ’n Volle aandeel aan hierdie spesiale werk gedurende April en Mei sal ons beslis die vreugde verskaf wat daaruit voortvloei wanneer ons opregte mense help om ‘insig te verkry’ wat tot die lewe lei.—Spr. 4:5.

    Afrikaanse publikasies (1975-2026)
    Meld af
    Meld aan
    • Afrikaans
    • Deel
    • Voorkeure
    • Copyright © 2026 Watch Tower Bible and Tract Society of Pennsylvania
    • Gebruiksvoorwaardes
    • Privaatheidsbeleid
    • Privaatheidsinstellings
    • JW.ORG
    • Meld aan
    Deel